3 maande gelede
Dinge gaan dreun op Kyalami
HOLY SH*T! Wie wil nie na die batsh*t insane Merc AMG-monsters kom kyk by die Kyalami 9-Hour nie?  ~ christinanielsenracing.com

WANNEER JY hier lees, sit ek al langs die teer by Suid-Afrika se ulti­mate petrolkop-altaar, Kyalami.

Sodat ek eendag aan my kleinkinners kan verduidelik: Oupa was daar. Aan die begin van ’n nuwe motorsport-era.

Want die Kyalami 9-Hour is kind of a big deal – nee, een moerse deal.

Eerste

Want die 2019 Intercontinental GT Challenge – ná vier long distance races in Australië, Yankland, Europa en Asië – sluit mos hier af. En dis waar die manufacturers’ en drivers’ championships ultimately bepaal sal word.

Die legendary international endurance race vir die global GT3 series kom vir die naweek dus ná 37 lange jare terug na Kyalami.

Dis die eerste international Kyalami 9-Hour wat sedert 1982 gestage word.

En miskien, net miskien, soos die legend Deon Joubert (multiple champ uit eie reg) gesê het, is dit die beste ding wat met local racing kan gebeur.

’n Massive injection in belangstelling. En dankie tog dis nie daai kliniese (en vrek duur) F1 nie, maar ’n organic spectacle van sound and fury, waar 54 drivers in 28 monsters dit balls to the wall (in baie gevalle ’n rea­lity ...) op die track gaan uitfight.

En hulle gaan optel waar die legendariese Jacky Ickx en Jochen Mass as victors van die baan gery het ’n volle 37 jaar gelede in hulle Rothmans Porsche 956 beast op die oorspronklike Kyalami.

En nou, met ál die up­grades, veranderings en vernuwing by die legendary track, danksy Toby Venter, grootbaas van Porsche, Lambo en Bentley, is ons heiligdom weer reg om sy reg­­ma­tige plek op te neem as dit by international endurance racing kom.

Nou wie gaan deelneem?

Vier Mercedes Benz-AMG GT GT3-monsters staan voor in die koor met 115 punte tot dusver.

Maar dis nog nie ’n out­right manufacturers’ en drivers’ championship-oorwinning nie.

Want jy kan nie van die vier Porsche 911 GT3 R beasts­ vergeet wat met 93 punte tweede staan en blaas in Merc se nek nie.

’n Dark horse in die derde plek is die R8 LMS GT3 Audi duo met 71 punte gesamentlik.

Rekord

Ongelukkig het ’n sege by die Suzuka 10 Hours nie gesorg vir ’n vierde manufac­turers’ championship in soveel jaar vir die brand nie.

Maar hulle is darem hier om te kyk of hulle die rekord kan hou om titels te wen in elke Intercontinental GT Challenge season sedert die begin.

In die vierde plek is die drie M6 racers van BMW (42 punte). ’n Paar issues het die Beemers egter opgetrip in die brand se eerste jaar as ’n full season-inskrywing.

O, en vir die aanhangers van die Prancing Horse: Daar is darem een Ferrari 488 GT3 wat kom jaag.

Laat ek egter vir jou ’n geheimpie vertel. My hart staan bankvas agter die twee insane Bentley Continentals in die sesde plek met 22 punte ná ’n shaky season. ’n Bentley moet mos nooit so kan ry nie, of hoe?

En dan, natuurlik, moet ek ook vir my twee Nissan GT-R Nismo-monsters skreeu (sewende met 20 punte).

’n Nissan Skyline het juis 37 jaar gelede gejaag en nou is hulle terug ... Altyd crowd pleasers, dié.

En skiet ’n gebedjie op vir die een Honda NSX wat deelneem.

Om op te som. Dink aan ’n meer crowd-friendly, international spectacle (nie local ouens wat gou ’n race organise nie) met international standing. Dink aan snarling V8-monsters wat nege uur lank kontaksport speel. En nie 1.6-liter naaimasjien-enjins wat hoogstens twee uur met mekaar speel, en dan is alles verby nie.

Dink maar aan racers wat approach­able is, saam met wie jy ook moeg kan word van spanning.

Dink aan, miskien, net miskien, ’n new dawn vir motorsport op eie bodem.

Holy !@#$%^! Ek kan nie wag nie ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters