Verlede maand
Die wêreld is vir ewig verander
Die virus het die toekoms van Formula 1 vir altyd verander.  ~ formula.com

ONS is mos op lockdown danksy daai !@#$%^ virus.

Net verlede week het ek na die massiewe negatiewe impak op die plaaslike en global motoring manufacturing industry gekyk.

Maar wat van ander fasette van kardinge?

Wel, soos ek voorheen gesê het, petrolkop-heiligdomme soos Killarney en Kyalami is vanselfsprekend vir die afsienbare toekoms gesluit. So ook alle ander regional racing circuits.

Planne

Maar nog tot en met so ’n paar weke terug was daar nog sprake dat daar volstoom voortgegaan sal word met planne om Formule 1 terug te kry by Kyalami, wat eens op ’n tyd ’n roemryke geskiedenis gehad het met die sport.

Nevermind die einde van die lockdown of die einde van die virus, daai planne, glo ek, sal nooit weer gemaak word nie ...

En gepraat van die sport, dis een van die grootste trekpleisters in die sportwêreld en waarskynlik die duurste (maar dit bring ook die biggest bucks in).

Maar nou hang F1 se toekoms in die weegskaal.

Selfs die Monaco Grand Prix is nie eens uitgestel nie, dit sal eenvoudig nie vanjaar gebeur nie. Cancelled.

Trouens, géén F1 race vir die wedrenseisoen sal voor Junie plaasvind nie.

En ek glo nie eens dán nie. Want ek dink nie die wêreld gaan dan al ’n handle op die virus hê nie ...

(Just in: Spanne soos McLaren onttrek nou.)

Party mense sal sê good riddance, maar soos met die motorvervaardigingsektor, is dinge baie meer ingewikkeld as dit.

F1, soos die meeste ander kategorieë van racing wêreldwyd, is ’n multi-miljard dollar sport.

Dit verskaf direk en indirek werk aan honderdduisende mense. En nee, vergeet eers van die racing teams. Hier praat ek van parts manufacturers, tyre suppliers (dink Pirelli se duisende werkers), werkers by racing circuits, vendors, administrateurs ... en die lys gaan aan.

En wat van ander racing categories?

Formula E (electric) is opgeskort en niemand weet wanneer dit sal terugkeer nie, indien ooit ...

Die World Endurance Championships, soos die 24 Hours of Le Mans, is uitgestel van Junie tot September (ons sal sien), en die 6 Hours Spa-Francorchamps is uitgestel tot wie weet wanneer.

En of die Kyalami 9 Hour wat ek verlede jaar so geniet het, weer sal terugkom, weet nugter alleen, want dis after all nie net !@#$%^ duur vir die spanne nie, dis ook !@#$%^ duur vir die circuit om aan te bied.

Nóg ’n groot racing categorie en crowd pleaser, MotoGP, is óf gekanselleer, óf onsekerheid bestaan oor sekere datums óf races is uitgestel tot wie weet wanneer.

Die spectacular World Rally Championships, nóg ’n crowd favourite (veral met sy batsh*t insane TV footage) se races is uitgestel. Die Safari Rally Kenya (16 tot 19 Julie) bly onveranderd ... vir eers. So ook die Rally Finland (6 tot 9 Augustus).

En toe beland daar een van daai surreal WTF emails in my inbox hier in die eerste week van die lockdown.

Dit gaan oor die results van ’n racing event. ’n Bike race, om presies te wees.

Maar met ’n !@#$%^ twist. Want die Repsol Honda Team se Álex Márquez het sy eerste oorwinning van die 2020-seisoen op die Mugello circuit gewen – in virtual reality. Dit was die eerste ronde van die #StayAt­HomeGP.

Reaksies

Yep, dit was basies ’n video game oor ses rondtes.

Nou kan ’n mens vra: Gaan die virus tot gevolg hê dat 17-jarige gamers die nuwe Schumachers, Sennas, Prosts en Räikkönens gaan wees?

Hoewel baie gamers verstommende reaksies in virtual time het, kan party van hulle dalk nie eens kar bestuur nie. En waar hardebaard racers verstommende hand-oog-koördinasie agter ’n stuur het, is hulle maar Neandertals op ’n gaming console.

Vat nou maar vir my – ’n orrait bestuurder ná jare se experience, maar ’n useless gamer ...

Dié ding vat mos social distancing na die abso­lute next level.

Dit klink absurd, nè?

Maar is dit nie reeds absurd dat jy jou hond jou co-worker begin noem op dag 7 van lockdown nie en jy hardop vir haar die racing results lees van ’n virtual race wat reeds gebeur het nie? Watch dié (virtual) space ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters