Verlede maand
Dié Tucson ’n ware beast
beast: EK het my hart verloor op die Hyundai Tucson diesel Sport.  ~ 

KLIM jy in ’n kar met ’n performance badge (dink Porsche, Ferrari, Lambo), wéét jy wat jy gaan kry.

Ja, die oë sal na alle waarskynlikheid rek, daar deur die twisties, en jou gat sal miskien happe vat uit die leer agter die stuur as jy aandruk. Maar daar is nie eintlik sur­prises nie. Jy ken daai badge en jy weet jou oogballe gaan bloei.

Maar wat van ’n diesel? Wat ’n Hyundai badge op die neus het?

Wel, waar om te begin?

Om te sê die Hyundai Tucson 2 liter CRDi (silent N, want plaaslik moes die N racing badge afgehaal word, die hemel weet hoekom) Sport is batshit insane, is eintlik so effe van ’n understatement.

Die diesel gryp jou so aan die voorkant van die Y-fronts en gee dan ’n ordentlike squeeze as jy die loud pedal intrap.

Ek het elke keer ’n WTF moment gehad.

Maar kom ons kyk eers na die facts and figures.

Bonkers

Soos ek gesê het: ’n 2 liter-16 valve-DOHC-meul smeul onder die bonnet. Good to go vir 150 kW krag (beskikbaar teen 4 000 revs) en ’n oogwaterende 460 Nm torque (reeds beskikbaar teen ’n uiters lae 1 750 r.p.m.).

In die real world gee dit jou ’n dash time van 9.3 sekondes en ’n top end van 201 km/h.

Maar die dash time voel nie so nie. Dit voel eerder soos warp speed. Soos daai oomblik wanneer die Starship Enterprise in ’n ander postal code in vlieg.

Om die wegtrek op te som: Dis bonkers, want trap jy daai pedal in, spring ál die krag na die front wheels.

Ek het laas in die Opel Kadett Superboss sulke !@#$%^ torque steer gevoel.

En waar het jy al van tyre scream in ’n diesel gehoor?

Yep, reg gelees. Miskien het dit te doen met die insane Stage 1 perform­ance kit? Wie weet?

En kyk net na die design language. Om dit shouty shouty te noem, is ook ’n understatement. Dis brutal. Kyk na die baie nice quad tailpipes, die lae side sills, die aggressiewe neus en die 19-duim bling rims.

Die hele package skreeu, !@#$%^ you!

En alles voel verkeerd: Dis ’n cross-dresser, maar daar is geen manier dat jy eens ’n pavement sal klim nie, want jou sills gaan afval, en dis in elk geval ’n front-wheel drive 4x2. Vergeet dus die bos.

Daai batshit immediate power laat jou ook nie toe om die ding in jou broer se hande te sit nie, want hy gaan dit verloor.

Niks maak sin nie.

Maar, ai, ek het my hart heeltemal verloor, en met ’n baie swaar hart dié beast teruggegee.

Die Tucson diesel (silent N) Sport het ’n siel.

Al het dit miskien die siel van Satan self, soos ek in my video’s gesê het.

So ’n paar jaar terug het ek sy 1.6 liter-petrol-boetie vir die Desembervakansie bestuur, en ek het elke rede gesoek om weer en weer in te klim.

Toe het ek al gedink dis die beste fun met ál jou klere aan.

Maar dis dié een met die demon juice wat my hart heeltemal syne gemaak het.

Ek kan net aan Hyundai sê: Bravo.

Dis die dapperste tree wat hierdie taamlik conservative company gegee het.

  • Albert se Rev Counter: ’n be!@#$%^ 9½ uit 10.
dramaz: Baie dramatic van enige angle.
bonkers: Dis ’n baie shouty shouty kar die.
insane: Die !@#$%^ voorkoms word weerspieël deur die loony power deur die voorwiele.
shouty shouty: Hy praat deur daai quad pipes agter.
spasie: Daar is leer ooral, al is dit van die plastiese soort.
cockpit: Die cabin is eintlik ’n nice place to be. Check daai meaty steering wheel.
tog prakties: En hy het ’n bruikbare boot met ’n full spare.


    Lewer kommentaar op hierdie artikel
    0 reaksies
    Lewer kommentaar
    Kommentaar 0 oorblywende karakters