15 dae gelede
‘Die Stad wat só omgee'
MISSING IN ACTION: My parking gaan verdwyn, want dit moet plek maak vir ’n taxi rank.  ~ Albert Bakkes

EK HET laas week weer ’n absolute, seriously WTF moment gehad­.

Dit het nie net katte en honne gereën nie, maar sommer die hele plaas se diere ook.

Ek het daai Vrydagoggend wragtag Noag en sy ark upstream sien dryf.

So, my gemoed was donkerder as die weer, want Capies kan mos eenvoudig nie agter die stuur funksioneer as daar net ’n druppeltjie voëlmis op die vooruit val nie, never mind die sluise van die hemele wat oopmaak.

Anyway, ek gaan park toe maar weer daar onder die brug, en swem werk toe.

Die middag toe ek terugkom by my toetskar, toe sien ek daar is baie groot fout, want daar is toe ’n hele strook grond agter die kar se gat weggestoot.

Dit beteken ek moes met die baie lae Honda Jazz Sport basies ’n donga trotseer.

En ek skop-skop toe maar die modderwal wat die stootskraper opgestoot het agter die Jazz se gat ’n bietjie platter.

Totdat ’n baie kwaai man met ’n graaf in die reën op my afgestorm kom.

Ek mag dit nie doen nie, skreeu hy vir my.

Nou, ek is al klaar blink !@#$%^ as it is, en ek skreeu terug: “Nou hoe de !@#$%^ moet ek my baie duur kar hier uitkry?”

En toe ons albei tot ’n panic gekalmeer het, verduidelik hy vir my ek mag in elk geval nie daar stop nie, want daardie hele strook grond is afgebaken vir, wait for it ... ’n taxi rank.

Slafies

“En wie se blink idee was dit?” vra ek.

Die Stad Kaapstad s’n, natuurlik.

En as jy my al blink !@#$%^ gesien het, het jy my natuurlik nog nie so blink !@#$%^ gesien soos laas Vrydagmiddag nie.

Nie vir die arme graaf­draer nie. En ook nie oor die feit dat ek my kosbare parking verloor het nie.

Maar oor die feit dat die “City that cares for you” blykbaar ’n !@#$%^ voel vir die duisende slafies wat in- en uitry na en van die CBD, elke liewe dag, ek ingesluit.

Want as jy hier werk, sal jy verstaan wat ek bedoel.

Elke oggend is al klaar ’n nagmerrie op die N1 en N2 wat jou etlike ure agter die stuur kan vat.

En die terugry is nie veel beter nie, maar dit vloei ’n bietjie vinniger.

Nie meer nie.

Want vanaf 15:00 elke middag begin die verkeer al ophoop daar aan die begin van FW de Klerk-boulevard, so langs die brug waaronder die taxi rank ingerig word.

So, dink nou ’n bietjie mooi, want obviously is die Stad se ou wat dié !@#$%^ uitgedink het, op drugs en het nie mooi gedink nie.

Visualiseer elke middag, as die hordes taxi’s eers uit daai stack up moet glip tot in die rank onder die brug, en dan weer moet merge (daar by die ingang na die hawe), hetsy tot op die N1 of oor die FW de Klerk-stroom moet kom om na die N2 te travel.

Utter chaos, net daar, just add water­ (letterlik).

En ongelukkig trek taxi ranks, behalwe die taxi’s en batsh*t bestuur­style, ook ander nasty goed.

Soos taxi violence­, ge­wone violence en natuurlik, you guessed it, diefstal.

So, ek voorsien dat die ander slafies wat op die “middelman” (net oorkant die rank) park, ook ’n hele paar nasties kan verwag.

Dis nie eens April Fool’s Day nie. Eerder ’n horrible Halloween-nagmerrie.

Dis weer een van die Stad se blink idees. Soos die brak-by-law waar jou hond net twee keer kon blaf in drie ure, tussen 2 en 5 (of wat ook al die unenforceable bylaw bepaal het).

Of die “pragtige” MyCiTi-projek, wat so “suksesvol” is, en jaarliks miljoene rande­ bloei.

Merc

Ek praat nie eens van myself nie. My werk is after all om karre te bestuur. Sien, die rede hoekom duisende slafies daagliks hulle karre gebruik om stad toe te kom, is omdat die public transport system so !@#$%^ is.

Dis tog vir niemand lekker om ure lank in die verkeer te sit, selfs al ry jy ’n Merc nie.

En sorry, my medeslafies, jou ure agter die stuur gaan nou net langer word, met die Stad se blink plan ...

PS: Ek het later gehoor dis net tydelik, maar dié tipe goed het ’n nasty manier om permanent te raak ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters