Verlede maand
Dié Renault beïndruk
honest: Die nuwe Renault Duster, die TechRoad 1.5 dCi 4X2 EDC-model.Foto’s: albert bakkes  ~ 

RIGHT, my kinners. En hier sit ons met die nuwe Renault Duster.

En julle weet al teen dié tyd hoe ek oor crossdressers voel.

Maar ek het nog sedert ek die eerste keer die Duster vroeg in die dekade ontmoet het, ’n sagte plekkie in my hart vir die lelike ding gehad. Kyk maar daai gesiggie wat net ’n mamma kan liefhê.

Want ek ken die geskiedenis van dié ding.

Dis eintlik ’n Dacia, die brand wat sedert 1966 deur dronk socialists in Roemenië agter die Ystergordyn gebou is.

Hulle het darem ’n paar, of is dit nou sub par, modelle van Renault onder licence gebou, en die legend wil dit hê dat die Dacias tydens die Koue Oorlog op twee assembly lines in die Dacia plant gebou is. Een lyn vir beter quality karre vir export en een lyn vir crappy assembly vir die local mark.

Maar gelukkig vir die brand het die slim Franse van Renault die company in sy geheel ’n subsidiary van Renault gemaak, en nou is die brand nie heeltemal meer so dronk nie.

Maar terug by die Duster. Die design language eerstens: Ja, dis lelik as jy so na die sleek lines van soveel ander compact crossdressers kyk.

Gery

Maar dis ten minste honest, en dit lyk ten minste of jy ’n gravel road kan pak.

Ek het die TechRoad 1.5 dCi 4X2 met sy sesspoed dual clutch EDC auto box gery.

Terloops, daai box is supersmooth saam met die turbo-dieselmeul onder die bonnet. En gepraat van die enjin: Ook ’n honest unit soos die design language, good to go vir 80 kW krag en ’n properse 250 Nm torque­ vir lekker low-down grunt op daai 17 duim-wiele.

Onthou, hierdie is nie ’n performance beast nie. Hy het ’n 11.something sekondes dash time en ’n top end van 169 km/h.

Maar ek het dit al voorheen gesê: Hoekom sit jy ’n M badge of ’n AMG badge of ’n R badge op ’n sogenaamde SUV met performance to match en op 20-duim low profiles?

Duur

Jy defeat dan mos eintlik die hele purpose van die voertuig.

Geen regdenkende mens sal mos so ’n ding na ’n gravel pad vat nie.

Maar in ’n real world scenario sal ek dit beslis met die Duster doen.

En jy maak so ’n performance beast mos deksels duur! Dink nader aan R1 miljoen ...

Jy kan my Duster egter optel vir R328 000.

En as ek van daai som praat, praat ek regtig van all in.

’n Boot wat amper 500F kan sluk. Tech tot by die eyeballs gelaai. ’n Sat nav/connectivity/infotainment combo met sy eie intuitive touch screen, safety features soos ’n hele alphabet soup (dink ABS, EDC, ESC, trac­tion control, hill start assist) en airbags vir die eerste span.

Met ander woorde, ’n honest product.

Die Franse was baie slim. Hulle het grootliks by die blueprint van die Dacia brand gebly. En dus nie ’n lat vir hulle eie product line-up gepluk nie.

Maar in die proses was daar miskien unintended consequences.

Hulle het ’n honest, value for money produk geskep wat soos soetkoek verkoop, anders as met hulle eie eg Franse crossdressers (dink maar aan die Captur en die nuwe Koleos­).

En ek, die lone wolf, stem hierdie keer saam met die skapies. Gaan koop die Duster dadelik as jy in die crossdresser market is.

Dis miskien nie die mooiste crossdresser op die mark nie. Maar anders as met daai sleek performance beasts wys dit dat jy ten minste brains het om die regte besluit te neem ...

  • Albert se Rev Counter: ’n Sensible, honest 8 uit 10.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters