2 maande gelede
#KYK: Die Porsche 911 het 'n siel

TOE ek die invite van Porsche kry om die “nuwe” 911 te bestuur (ek bedoel eintlik jaag), was ek natuurlik opgewonde.

Dis after all ’n Porsche, en die mees ikoniese produk van die brand.

Maar hoe het hulle die serial number 992 verbeter op die onverbeterlike 991? Dis mos onmoontlik in my oë. Hoe verbeter jy ’n ding wat reeds perfek is?

Wel, daar is nou 331?kW krag en 530?Nm torque beskikbaar vanuit daai flat-six engine wat so oor die agteras gemount is.

Dis ’n paar syfers hoër as die uitgaande model.  

Terloops, die dashtime is net 3.something sekondes, en ek dink hy klok eers uit by oor die 305 km/h.

Dan is daar ook ’n outomatiese PDK-agspoed-dubbel-clutch-ratkas, wat die sewespoed-ratkas vervang.

Tamaai

Die shifter is ook vervang met so ’n stubby nommer, eerder as die een met die chroom-en-leer-bal.

Dan is daar ook die facia wat ’n volkome revamp gekry het. Die infotainment/car setup/connectivity/satnav combo screen is nou tamaai. Daar is ook ’n duidelike verskil tussen die digital en analogue setup.

Die knoppies rondom die shifter is ook verminder of verskuif en logieser gemaak.

Terloops, behalwe die Comfort  Individual-, Sport- en Sports Plus-funksionaliteite, het die nuwe 911 ook ’n Wet function (wat ons by die launch nodig gehad het).

En dis maar net aan die binnekant. Buite lyk en werk die deurhandvatsels ook anders.

Die gat het ’n retro look gekry met ’n wyer stance soos die Targas van die 1980’s. Die gatligte is ook nou verbind met ’n solid light band en dit lyk heeltemal anders.

So, hoe ry die Carrera S (rear-wheel drive), en die Carrera 4S (four-wheel drive)?

Dear looord! Het ek gesê Porsche sê die 911 is ver­beter? Wel, dis nie net PR bullsh*t nie. Op elke vlak bestuur die Carrera, wel, next level.

Selfs in die reën is die grip van die 20 duim-rubber só goed, dis absurd!

Niks kan die kar unsettle nie, maak nie saak wat ek en my co-pilot, Steve, na die twisties van Hellshoogte, die Franschhoek-pas, die lang straights duskant Worcester en die malligheid van die Du Toitskloof-pas gegooi het nie. Dit was iets wat volgens alles in my siel nie logies is nie.

Dié kar keer physics op sy kop. Ek sal maar nie sê hoe vinnig ons daai lang straights aangeval het nie, maar my oë water nog as ek net daaraan dink.

En die howl van daai flat-six engine? Ek het nou en dan geglo dis eintlik die krete van gemartelde, verdoemde siele wat ons agtervolg het soos dit teen die rotswande weergalm het.

Steve het ’n hele paar keer bewerig gesê die 911 is die perfekte sportkar. Iets wat intimiderend lyk, maar in die stad nes ’n hot hatch hanteer. En dan in die twisties en straights hypercar characteristics toon.

Ander superkarre is vrek moeilik om te bestuur.

Jy’s heeltyd bewus daarvan dat jy in iets gevaarliks sit wat kan omdraai, jou in die hol byt en die hiernamaals sal instuur. As hy jou nie wil vrek maak nie, gaan hy nou-nou breek. Broos en vol nukke.

Jy trek dié nuwe Porsche soos jou favourite jacket aan. Dis nommerpas op alle vlakke.

Jy moet soveel stront aanjaag in die kar om jouself en die 911 uit te vang, want die kar se vlak van performance, gesofistikeerdheid, bestuur-plesier, hantering, terugvoer, dinamika, suspension setup en looks is wyd soos die Heer se genade. Dié kar het ’n siel.

Die perfekte sportkar? Ek het hom gevind.

Albert se Rev Counter: ’n Astonishing perfection on perfection 15 uit 10. Elke oomblik in dié kar is ’n gewyde oomblik...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters