Verlede maand
Die nuwe ‘Rambo Lambo’
Speechless: Die nuwe Lamborghini Urus. Daar is nie woorde nie. Foto’s: albert bakkes/verskaf  ~ 

EN TOE nooi Lamborghini my uit na die launch, nie net van hul nuwe deal­ership hier in Century City nie, maar ook vir die bekendstelling van hul nuwe Urus SUV.

En toe ek hoor ons gaan nie eens die ding bestuur nie, maar dat dit net ’n press conference sal wees om nie net na die Urus te kyk nie, maar ook sal handel oor die toekoms van Lambo, het ek eers gedink dit gaan ’n absolute snore-fest wees soos sulke goed maar kan wees.

Want soos die CEO aan-drone oor ’n produk en hoe goed dit is, en hoe hulle produk ál die pikkewyne gaan red van climate change, hoe makliker raak jy aan die slaap.

Maar toe is Stefano Domenicali (hoop ek het dit reg gespel), CEO en chairman van Automobili Lamborghini, toe eintlik ’n breath of fresh air.

Hy het basies twee (bul)horings gewys (die simbool van die brand) na die politically correct crowd deur onomwonde eintlik te sê dat die Huracán met sy massiewe V10 en die Aventador met sy histeriese V12 hier is om te bly.

Want hulle wil nie die sound track verander nie, en ook nie dit waarop die brand geskoei is en alles waarvoor dit staan nie (super-sportskarre), thank you very much.

En, ja, hulle sal na ’n hybrid system kyk om almal mooi te sis. Dit sal egter ingespan word om die karre nóg maller te maak, thank you very much.

En, ja, hulle sal na electrification kyk. Maar dit sal eintlik ingespan word om daai superkarre net nóg meer insane krag te gee, thank you very much.

En hy het natuurlik oor die Urus gepraat en dat dit ’n nuwe speelveld vir die brand sal oopmaak. En Lambo glo dié SUV sal sy sales verdubbel tot in die omgewing van 9 000 units per jaar.

En toe reveal hulle die nuwe bul in die stal.

En soos sy stalmaats doen hy daai absolute f*ck you-houding gestand in terme van insane design language buite, ’n crazy fighter cockpit binne, saam met die absolute luxury, insane tech, en natuurlik die mal, out of this world power.

Daai vierliter-V8 is good to go vir ’n allemintige 478 kW krag en ’n enorme 850 Nm torque.

En dit beteken, in the real world het die monster-bul ’n dash time van 3.6 sekondes, ’n top end van 305 km/h en ’n starting price van R3,5 miljoen.

Alles soos die brand, in hyper class.

raging bull: Selfs al staan die Urus stil, lyk dit asof hy jou wil bestorm soos ’n bul.
Speechless: Die nuwe Lamborghini Urus. Daar is nie woorde nie. Foto’s: albert bakkes/verskaf
insane: Kyk daai design­ language!
warp speed: Die bul praat die taal van Lamborghini al is dit ’n SUV. Sharp creases en angles, en insane power.
hunker: Dis seker die naaste wat ek sal kom aan om die Urus te bestuur.
absolute power: Die V8 twin-turbo wat ander karre mincemeat maak.
lap of luxury: Is dit werklik ’n SUV as jy so na ál die weelde kyk?
ultramodern: Jy klim in die cockpit van ’n stealth fighter.
go play: En met sekere dials kan jy basies oral teen spoed gaan speel.
practical: En anders as ander Lambo’s is die Urus heel prakties, met ’n werkende boot.

Terloops, die Urus-naam verwys na die oer-granddaddy van alle moderne beeste, die aurochs, wat soos die brand geweldig groot en sterk was en baie aggressief (vra enige caveman wat die bliksems probeer jag het ...)

En terloops, Old Man Lamborghini, Ferruccio, wat die bul in 1963 in Sant’Agata losgelaat het, is onder die Taurus- (bul) sterreteken gebore.

Volgens legende het Enzo Ferrari (granddaddy van daai brand) Lamborghini baie k*k gegee toe hy destyds vir homself ’n Ferrari wou koop. En net daar het Lamborghini rooi gesien en besluit hy sal sy eie sportskar bou, f*ck you very much.

Terug by die Urus. Nie die woorde of die prentjies beskryf wat jy werklik voel wanneer jy na die blade-like creases en angles buite kyk nie. Die ding staan stil, maar dit lyk of hy jou wil bestorm soos ’n bul.

En die woorde en die prentjies beskryf nie wat jy werklik voel as jy in daai stealth fighter cockpit klim nie.

En dan skakel hulle hom aan. En jy moet wegdraai sodat ander mense nie die trane (of wat met jou aangaan in die onderbroek-departement) kan sien nie.

Dis ’n koor uit die hel self.

Ek hoop werklik om eendag die ding te bestuur. Maar daar is ’n waglys van 12 maande, thank you very much ...

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters