3 maande gelede
Dié Lexus laat jou kopkrap
lexus
STYWE LYNE: Die Lexus UX 200 F-Sport. Nogal ’n stunner, behalwe vir die paint job.  ~ Albert Bakkes

HIER op die vooraand van die afskaling van die drakoniese regulasies van die lockdown van level 5 na level 4 (wat ons almal weet eintlik niks gaan verander nie), het ek besluit om vir jou ’n sonstraal te bring in die donker tyd.

’n Droombeeld uit die good old days toe daar nog karre op die pad was, ons ’n bier kon drink en ’n burger kon eet.

En as ons van drome praat, watter petrolkop droom dan nou nie van ’n Lexus nie?

Ek weet nie of ek al hieroor geskryf het nie – alles is so ’n bietjie van ’n blur op die oomblik – maar toe ek my files op my computer moes skoonmaak, kom ek op hierdie groenbruin/babakak-gedoente af.

Ontmoet die Lexus UX 200 F-Sport. ’n Mid-size crossdresser. Gaap, reg?

Kyk, dit het lank gevat, maar op die ou end het dié brand (die luxury-arm van Toyota) my tog hier laat in die lewe oortuig dat dit die moeite werd is om met ander oë na Lexus te kyk.

Aan die een kant doen hy party goed baie leftfield (anders as die meer tradisionele Germane, sy main competitors). Ek meen, kyk net na daai hoekige lyne en skerp vou, die radical spindle grill (me likey very much!), om nie eens van die weird metallic paint job te praat nie (geen Duitser sal dood gevang word in daai kleur nie).

Maar op ander plekke is Lexus net plain “verkeerd”. Daai touch/mouse pad thingy (vir die onboard car setup navigation en sat nav, en infotainment en al die nice to haves op die screen) op die transmission tunnel daar by die shifter is tried and tested. En ná al die jare werk dit steeds nie.

En waar is die Normal/Sport/Sport+/Eco switcher? Op ’n stalk aan die linkerkant van die dial box voor die bestuurder, ja. Maar weggesteek agter die stuurwiel.

En dis maar net twee goed...

Die UX kom uit met ’n 2 liter-, 4 silinder-petrolenjin, good to go vir 126 kW krag en 205 Nm torque. In the real world beteken dit ’n dash time van 9,2 sekondes en ’n topspoed van 190 km/h.

Nou nie juis earth-shattering figures vir ’n performance brand nie, nè? Staan F-Sport nou hier vir F-ôl Sport?

lexus
CITY SLICKER: Die bos is nie waar dié spesifieke Lexus hoort nie.

En dan begin die wiele stadig maar seker (verder) afval.

Onthou toe ek daai Sport function genoem het?

Wel, koppel die ietwat pedestrian enjin aan ’n CVT box. In Normal het hy amper geen grunt nie. So, jy wil ’n bietjie, wel, Lexus gaan. So, jy pull ’n Albert op hom. Sit hom natuurlik in Sport. En dan wil jy jou polse ná vyf minute afkou.

Want die drone van die enjin wat te lank in een rat gehou word soos iemand onder lockdown, wil jou naderhand laat uitklim en gate in die bruin paintjob skop, so dreun jou kop.

Niemand behalwe Porsche kry CVT-bokse reg nie, maar sekere manufacturers maak darem die effort om daai alewige drone weg te vat. Nie in dié kar nie. Miskien omdat Lexus een van die topverkopers in Yankland is. En die Yanks (onthou, hulle het Trump prez gemaak) is nie die slimste tropdiertjies op aarde nie. So, die droniness maak seker nie daar saak nie.

En op sy 18-duim run flats, staan dié sogenaamde “SUV” net 16cm bo die teer. So, jy kan nie eers ’n sypaadjie klim nie, want kyk waar hang daai front splitter. En four wheel drive? You wish! Front wheels only, dankie.

En daar is nie ’n spare van ’n dag oud nie. So, moenie eens probeer gravel met hom ry nie.

Dis ’n city slicker, ’n groter hatch in drag. En nie eens op stilts nie.

En dan het jy die interior – rooi leer oral. Rooi!

En ja, hy is safe as houses, nes Lexus dit kan doen met al die safety features waaraan jy kan dink.

Ek het kopgekrap oor die ding. Ek hou tog van sy “groter” UX-boeties. Die enjins is ’n hoot om te bestuur. Selfs die UX 250h hybrid het ek baie hoog aangeskryf.

Moenie eens van die formidable sedans (die ES, IS en LS) en die loony RC coupe praat nie.

!@#$%^ damn goed!  Maar die een..?

Albert se Rev Counter: ’n Not such a ray of sunshine 6 uit 10.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters