Verlede maand
Dié jeep 'n regte hellcat

BATSH*T crazy! In­sane! Totally bonkers! Loony! Seriously WTF! Goeie @#$%^!

Ál hierdie woorde, frases en nog baie meer het uit dié bek gekom oor die bestek van net drie dae.

Ek dink die lug is steeds blou gevloek hier in my valley en daar in die Swartland.

Dis wat dié kar aan jou doen.

En met “kar” bedoel ek ’n office block met ’n nuclear power plant vir ’n enjin.

Kom ons bekyk maar eers die dimensions van die office­ block genaamd die Jeep Grand Cherokee Trackhawk SUV.

Die tamaai ding is oor die 4,8 m lank, omtrent 2 m breed en amper 1,8 m hoog.

En hy rus op 20-duim- rubber wat amper so low profile is as daai ding wat jy in jou beursie dra met die vae hoop vir so ’n ietsie as jy by ’n girl gaan kuier.

Dit nou vir die office block. Nou by die nuclear power station onder daai huge­ bonnet met die spul tamaai air vents.

Ek was eerstens speech­less voordat ek die lug blou gevloek het. Kyk net onder die bonnet, dan sal jy verstaan wat ek bedoel.

Daar is ’n 6,2 liter V8- petrolmotor onder die enjinkap. En nie sommer enige 6,2 liter V8 nie.

Dis direk gesteel uit die Dodge Hellcat SRT muscle car. Blykbaar die vinnigste en, sê Dodge baie trots vir my, gevaarlikste muscle car wat jy tans kan koop.

Net die Yanks sal ’n kar as “dangerous” verkoop, nè?

Anyway, daai Hellcat-enjin is good to go vir 522 kW krag teen 6 000 r/min.

Insane enough?

Nope. Want dan het jy ook 875 Nm torque on tap ...

O, by the way, het ek genoem die ding is supercharged?

En as jy die ding in normale Street mode het en jy piekel so aan, dan sit een embankment van die V8 af en dan loop jy net op vier silinders.

Nie dat jy dit ooit sal doen nie, want die beste wat ek uit daai V8 kon kry, was letterlik 25,something liter per 100 km.

En die dash ­time­ van ’n 2,5 ton office block?

Hoe klink 3,something sekondes vir jou? Of ’n top end van net onder die 300 km/h?

En jy het ál vier daai ventilated Brembo discs (400 mm voor en 350 mm agter) nodig om hom van 100 km/h tot stilstand te bring in net 35 meter ...

Besides die Street/Comfort mode het die Trackhawk ook ’n Snow setting. En natuurlik ’n Sport setting.

En dan die loony icing op die cake?

Die ding het, nes die Hellcat, ’n Track mode. Met launch control.

Wat jy nooit ooit weer in jou lewe gaan gebruik behalwe één keer nie.

Want een keer is genoeg om jou balhare grys te skrik en vir jou hol om happe uit die leer te vreet.

En note to self: Moet nooit ooit die throttle goose deur ’n skerp draai nie. Want dis dán dat jou hol die grootste hap uit die leer vreet.

Met ’n Merc AMG, of enige Porsche, of ’n BMW M-reeks weet jy in jou siel jy moet werklik stupid bestuur om by die pearly gates uit te kom en Sint Petrus te ontmoet.

Want in dié karre is daar selfs in Track mode steeds een of ander nanny wat agter jou sal staan om jou te help as jy onder jou eie talent uitry.

In dié ding ... wel, as trac­tion control af is, soos die Yanks belowe, is dit hééltemal af.

Die Trackhawk is régtig batsh*t crazy! Insane! Totally bonkers! Loony! Seriously WTF?! @#$%^!

Ek het al baie karre gery (insluitende die Jeep Grand Cherokee SRT-weergawe, wat ook ’n V8 Hemi onder die bonnet het) wat my bewerig gelaat het wanneer ek uitklim.

Terrein

Maar ek dink nie ek het al absolute liefde en abject terror in sulke equal measures gevoel soos in die Trackhawk nie.

Vir enige ou wat dink hy kom speel in die terrein van sê nou maar ’n Fortuner of ’n Everest, of selfs ’n X6 M of ’n Ca­yenne of enige die ander ander groot SUVs, nee, wat.

Moenie verbaas wees as jy relatief kort nadat jy ingeklim het gaan uitklim by die pearly gates en Saint Peter se hand gaan skud nie...

Ek het egter met trane in my oë die office block teruggegee... 

WTF? Geen mens moet die reg gegee word om so vinnig te beweeg nie. Ontmoet die Jeep Grand Cherokee Trackhawk. Foto’s: Albert Bakkes
Halleluja! The WTF is ’n constant setting in hierdie kar, al is daar geen WTF-knoppie nie. Miskien behoort daar een te wees ...
What gives? Elke bietjie enige iets is WTF. Die krag, die torque, die gewig? Mind you, dis nie ’n diesel nie. Eet so bietjie 875 Nm torque ...Foto’s: albert bakkes
Nuclear energy: Alles aan die kar is total madness. Soos sonkrag. Maar jy gebruik nie die son se strale nie. Jy gebruik die kernkrag van die son self.
Holy hell! Uit enige hoek is dié kar shouty-shouty. My f*k! Wat verwag jy uit daai enjin?
Stop: Ek was fisies te bang om die laptops vir die kinners oop te maak. Netnou breek hulle af? Maar ja, genoeg spasie. Oorgenoeg.
oorgenoeg: Natuurlik is daar ’n tamaai boot met ’n full-sized spare van 20 duim.
Die Groot Track: Die Trackhawk het 20 speakers. En sat nav en infotainment en connectivity en ander extras soos leer. Maar amper niks van die spoed nie.
Loony: En die ding het ’n Track setting! Met launch control! Weer eens ’n WTF moment.

Albert se Rev Counter: ’n Force of nature 15 uit 10.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters