7 maande gelede
Die ‘JAG’ is rats en soepel
KAT: Die Jaguar F-Pace R-Sport. Hierdie keer ’n diesel. En ek verkies hom.Foto’s: ALBERT BAKKES  ~ 
SMAG: Ek is nie into crossdressing nie. Maar as ek moet.
KAT: Die Jaguar F-Pace R-Sport. Hierdie keer ’n diesel. En ek verkies hom.Foto’s: ALBERT BAKKES
WARE JAKOB: Die ding is eintlik ’n tenk, maar bestuur soos, wel, ’n Jag.
CROSS-DRESS­ER: Daai pragtige neus en daai pragtige kleur sal jy mos nooit boendoes toe vat nie, al het hy ware SUV capabilities.
PLAT: Die F-Pace het ’n ware flat ride al is sy centre of grafity taamlik hoog.
MEUL: Die grom deur die twin tailpipes is grof, want dis ’n diesel. Maar hy hanteer nie soos ’n diesel nie.
PROPVOL: Die cockpit het ál die nice-to-haves en tech wat jy nou al van ’n Jag verwag.
LUX: Natuurlik het jy beautiful leather trim oral.
SEKUUR: Die stuurwiel gee ’n baie meaty ride.
SEEPGLAD: Daai 8-spoed auto box (check die dial wat uit die centre console uitstyg) is super smooth wat baie bydra tot ’n super smooth ride.

KOM ons vergeet ’n oomblik die klein karretjies op die pad.

En go large. Very large­. Op soveel vlakke!

Ontmoet die Jaguar F-Pace­. Dis die brand se take­ op die vinnigs groeiende segment in die mark, wel, cross-dressing. En dit geld ook die sogenaamde lux brands.

Almal moes op die band­wagon spring (all puns intended).

Ek het verlede jaar die 3 F- V6-petrolboetie bestuur.

Maar hoekom verkies ek die 2 F- viersilinder- twin turbocharged diesel AWD auto R-Sport-boetie?

Wel, behalwe dat hy natuurlik baie minder kos, is hy ook veel ligter op die voggies (6,6 F/100 km teenoor 8,9 F/100 km).

En natuurlik is daar baie meer low-down grunt uit die diesel-meul onder daai tamaai bonnet.

Dis good to go vir 177 kW krag en 500 Nm torque­.

Dis nou teenoor die boetie se 250 kW krag, maar net 450 Nm torque.

So, in ’n straight line sal die V6 ’n dashtime van 5,5 sekondes hê teenoor die diesel se 7,2 sekondes en ’n top-end van 250 km/h teenoor 217 km/h.

Maar in die real world, wat is ’n sekonde en ’n bietjie dan tussen boeties?

En wanneer sal jy ooit 250 km/h wil clock in ’n ding wat meer as 1,8 ton weeg, leeg en gebou is soos ’n Centurion-tenk? Nie ek nie.

En low-down grunt is thename of the game as dit by boendoe bashing kom.

Hier begin ek wel my kop krap. Wat is die eintlike funksie van die Jag?

Want daar is geen manier hoe ek op daai low profiles (20 duimers, as ek reg onthou) en met daai beautiful blou paint job en daai stunning neus met die massiewe grill ooit die Jag werklik bos toe sou vat nie.

Dis nou selfs al help die F-Pace Jag se unique All Surface Progress Control (ASPC) jou in moeilike omstandighede en laat jou toe om optimum beheer op slippery surfaces en rowwe terrein te behou. Hy spring selfs in wanneer jy teen ’n moerse steilte afgaan.

Die R-Sport het ook die Adaptive Surface Re­sponse (AdSR) setup, wat verskillende oppervlakke vir max grip “lees”. AdSR monitor die kat se konstant en stel elke breukdeel van ’n sekonde die regte enjin en brake settings.

Verstommende

Nee, hierdie kat se jagveld is in die stad, in die twisties en op die langpad. En op die vlak is dit verstommend, trust my.

Die size ten spyt (meer as 4,7 m lank, meer as 1,6 m hoog en meer as 1,6 m wyd) hanteer die Jag, wel, soos ’n Jag – rats en soepel. Selfs nie eens die twisties van die Franschhoekpas of Helshoogte het die groot kat unsettle nie.

Vir ’n ding met so ’n hoë centre of gravity (gemeet aan sy plat boeties) het hy ’n verstommende flat ride (druk die Race-knoppie, asseblief).

Miskien het dit te doen met die magic wat hulle met die suspension aangevang het. Miskien was dit die super smooth 8-speed auto box.

Miskien het dit te doen met die AWD. En ’n silky enjin, al is dit ’n diesel (met vuil brandstof).

Miskien ’n sum of all the parts?

Ek weet nie, maar daar was ’n geween en ’n gekners van tande toe ek die sleutel moes teruggee.

Koppel die carpet ride drive quality aan ’n meaty steering, pragtige interior met leather en wood trim en ’n stunning sound-infotainment-connectivity combo system met sy eie 12” screen. En jy het dan eintlik ’n kar waarna almal smag. Selfs ek, wat glad nie in die mark vir ’n cross-dress­er is nie.

  • Albert se Rev Count­er: ’n Sublime British 8 uit 10, al word hy met Indiese roepees gebou ...
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters