4 maande gelede
Dié Isuzu beslis ’n bakkie se bakkie
NUUT? Die “nuwe” Isuzu D-Max 250 auto. Net die nuwe 5-speed box is nuut.  ~ Albert Bakkes

KYK, ek is mos maar so 'n bietjie partial tot die Isuzu KB-bakkiereeks (selfs al is dit 'n bakkie).

Want ek het grootgeword toe dit nog die ou Chev KB-bakkies was. Myself daarin leer bestuur.

Maar julle weet ook al lankal hoe ek oor bakkies voel in die stad, waar 90% van dié spesie floreer.

Te groot, te lomp, met die draairadius van ’n ossewa en ’n dash time van twee dae.

Jy kan nêrens parkeer met die !@#$%^ goed nie. En baie mense ry soos regte nulle met die bakkies.

Ontmoet die “nuwe” Isuzu D-Max 250. Ek sê “nuwe”, want die D-Max (die rebadged KB) is mos nou al lank by ons.

Beskikbaar

Maar die 2,5 liter-turbodiesel (met common rail tech) kom nou uit met ’n nuwe 5-speed auto box, wat dinge veel makliker maak op die teer.

Maar dis die gravel waarvoor hy, soos alle Isuzu’s, so lief is. Die leaf spring suspension setup en al.

Meer hieroor later.

Terug by die enjin. Good to go vir 100 kW krag en 320 Nm torque, wat jy reeds beskikbaar het tussen ’n baie lae 1 800 en 2 800 revs vir hope low-down grunt.

En laasgenoemde is wat saak maak in die bakkie­wêreld.

Dit stel hom in staat om brake-unassisted treilers van 2 ton en brake-assisted treilers van 2,9 ton te sleep en tussen 1 075 kg en 1 155 kg pay­load te sluk.

Op die launch het die “nuwe” bakkie nie teleurgestel nie.

Want op die teer het hy, wel, soos ’n regte Isuzu hanteer.

Hopperig, ietwat stadig op die take-off en met die draai­radius van ’n ossewa.

Ervaar

’n Regte, egte bakkie, sonder thrills of tierlantyntjies.

Ek en my co-pilot het eintlik verkies om die extended cab workhorse te bestuur (die een met daai suicide doors eerder as die double cab-weergawes met die go-faster stripes en bling-wiele).

Sien, ek wou die essence van ’n régte bakkie ervaar eerder as wat hulle wil bemark as ’n lifestyle/image/people mover vehicle wat net af en toe aan die einde van ’n maand gebruik gaan word om Boeta se pel se furni­ture te move.

Sonder tierlantyntjies, maar nie sonder ’n radio/connectivity unit met Bluetooth en ’n USB port, aircon, adjustable seats en elektriese vensters nie.

MYNE: Ek het die extended cab verkies. Selfs op Chappies!

En natuurlik met die hele alfabetsop van safety features (ABS, EBD en so meer), en airbags, dankie.

So, op die eerste dag het ons wragtig bergpasse (dink Helshoogte) aangepak, en ’n bietjie kopgekrap oor hoekom hulle dié roetes gekies het.

Maar in ’n sekere mate maak dit sin, want die meeste mense koop bakkies deesdae as lifestyle/image/people mover vehicles; dus sal die Isuzu een of ander tyd sy tjops op ’n bergpas moet wys.

Maar op die tweede dag het my kop oopgezip van plesier toe die ou werkesel met daai vyfspoed auto box my laat terugverlang na my jeug op die plaas.

Want ons het myle en myle gravel gehardloop. En ek meen gehárdloop. Soos alle Isuzu’s het daai suspension setup letterlik elke bump, pothole, sinkplaatriffel duskant Greyton opgesoak.

Nonsens

Geglide, magic carpet van die stof gemaak. Dís waarvoor ’n bakkie gemaak is.

Onthou, die D-Max 250 auto kom net uit in 4x2, met ál die krag na die agterwiele (soos my Chev KB van ouds).

Niks van dié 4x4-nonsens met switch wat jy on the fly kan verstel nie.

En ek noem dit nonsens, want ek is seker dat die meeste eienaars nooit aan daai switch gaan draai nie, nevermind low range gebruik.

So, all in all, is die Isuzu ’n ware bakkie.

En kom hy tot sy reg waar hy hoort, op die gravel.

  • Albert se Rev Counter: ’n Bakkie-wat-’n-bakkie-is 8 uit 10.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters