22 dae gelede
Dié idee kan werk
Blou Staal: Hierdie traffic cop cutouts word langs ons paaie gebruik om ons spoed so ’n bietjie te verminder. Werk dit?  ~ 

DIE afgelope paar dae was seriously weird.

Ek het ’n headline gelees dat Trump voorgestel het hulle moet orkane nuke.

Dis reg: Gooi ’n atoombom in ’n orkaan in en BOOM! Probleem solved.

Maar dis The Orange One after all. Loony is die default setting daar.

Maar die seriously WTF moment het gekom toe ek lees oor die traffic cops hier wat eintlik mans van staal is.

En ek bedoel nou nie soos daai traffic cop wat langs die N2 geskiet is nie. (Social media het omtrent daaroor ontplof!)

Merc

’n Sterkgevreet $%&@! skiet die cop met die balls of steel mos in Januarie in die rug (gelukkig het hy darem ’n bulletproof vest aangehad), waarna die cop koelkop terugskiet.

Nog méér indrukwekkend: Nadat hy die skoot gevuur het, stap hy rustig terug na die Merc wat hy afgetrek het en sign die ticket.

Ja-nee, daai traffic cop het mos Superman se balls ...

Maar die mans van staal waarna ek verwys, is die lewensgroot staal cutouts van ’n traffic cop wat met ’n radar gun langs die pad staan.

Ek lees op News24 en ander sites dat ’n pic van so ’n plat cop langs Frans Conradie-rylaan die sosiale media ’n meltdown gegee het. Daar is glo ook van hulle langs die R300 en in Vishoek.

Die teorie agter die mans van staal is dat die average bestuurder darem so ’n bietjie afslack as hulle ’n cop met ’n radar gun of spoedkamera sien.

Volgens Richard Coleman, woordvoerder van die traffic cops, is die mans van staal al van sover terug as September 2017 in plek. En hy sê hulle werk.

Maar ek wonder tog of die poppe die average bestuurder regtig vir ’n pop vat.

Dié soort trickery word al dekades in Engeland gebruik met fake cops, fake cameras, en fake signs (“Slow Down, Speed Cameras”).

Maar anders as daai wetsgehoorsame skapies wat blykbaar hulle balls saam met hulle empire verloor het, het die average burger in óns ou landjie ’n healthy (of is dit nou ’n unhealthy?) disregard for authority.

En nou is die aap uit die mou (of die man van staal uit die kas).

Een social media user het tong in die kies gevra of ons nou die speel-speel cops se speeding fines in speel-speel money moet betaal.

En ek voorsien ook ’n paar ander struikelblokkies.

Kyk, as daai !@#$%^ aankom wat so kabels steel of ’n hele skool in ’n nag kan afbreek, dan wonder ek wanneer die eerste man van staal weggedra gaan word vir scrap.

En as ek aan my verlede dink waar ek daar in die army na staalplate moes skiet totdat hulle omval, dan sidder ek ...

En die mans van staal is eintlik maar taamlik useless as dit by die regte issuing van fines kom.

Ek wonder wat doen die regte traffic cops in the meantime? Slaap hulle onder die bome langs die pad?

Hoe dit ook al sy, as die traffic cops wil voortgaan om staalmaatjies uit te stal, vra ek hulle moet my net ’n guns doen: Baseer die mans van staal asseblief op die likeness van daai N2 cop met die Superman balls.

Hy het ten minste gewys hy is die real deal: Die regte, egte Man van Staal ...

Bespeur

Dié soort trickery is volgens Wheels24 ook al gedoen daar in Gauteng met cardboard cutouts van cop-karre langs onder meer die N1 om die slagting oor die Paasnaweek te verminder.

Maar die kere wanneer ek daar ry, kan ek nie bespeur of die spoed (partykeer van lig, trust my) of die slagting juis verminder het nie ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters