3 dae gelede
Dié girltjie dra nie makeup
splinternuut: So lyk die nuwe Hyundai Atos, die badge se entry level in sy product line-up.  ~ 

SOOS my gereelde lesers seker al in die blaaie opgemerk het, was ek gelukkig om die laaste tyd ’n hele paar exciting goed te bestuur.

Dis nie omdat ek special is nie. Dit hang maar alles net af van wat enige gegewe week beskikbaar is in die test fleets of vir launches, of albei. En dan eet ek maar wat op my bord is.

En dan, so af en toe, kom ’n ou so ’n bietjie aarde toe om ’n uiters gewone karretjie te bestuur.

Kleinste

En met aarde toe kom, bedoel ek dit glad nie op ’n shitty manier nie.

So, ontmoet die brand new Hyundai Atos. Dis die kleinste in hulle stal, selfs kleiner as die Grand i10.

Wanneer jy daai lyfie so kyk, sal jy dink sy interior is ook piepklein, maar op die launch kon twee 6 voet lange mans met gemak inpas.

En die Atos het selfs my ek-sit-agter-myself-toets met gemak geslaag.

Terloops, sedert die karretjie se eerste gen, wat in 2005 gelaunch is, en die gens tot 2013, is meer as 45 000 eenhede verkoop.

So, ek verstaan hoekom Hyundai op dié sukses wil voortbou deur dit te reintroduce as nuut.

Sy direkte mededingers in die (baie besige) A-segment is onder meer die Datsun Go, Renault Kwid, Kia Picanto en Suzuki Celerio.

So, hoe stack dié girltjie – en ja, maar dit ís ’n girl – teen die ander in die segment op?

Wel, daar is ’n 1,1F- manual petrol unit onder die cute bonnet.

Dis gekoppel aan ’n snappy manual box (en dit voel asof dit bulletproof is), good to go teen 50 kW krag en 99 Nm torque.

So, ’n mens moet die box so ’n bietjie maal om optimal performance uit die dingetjie te kry, maar die enjin is lekker rev-happy. So, dis fine.

Safety features sluit in ABS en dual air bags voor en Isofix mounts vir ’n baby seat agter.

Nice-to-haves is ’n connectivity/infotainment setup met sy eie screen voor.

Dit sluit Apple CarPlay en Android Auto func­tionality in.

So, jy kan jou smart phone mirror vir goed soos music streaming en Google Maps.

In baie klein karretjies met ’n soortgelyke stelsel sukkel ’n mens jou gat af om te connect, maar in die Atos is dit ’n breeze.

Die seats is gemaklik en ondersteunend. Dis oorgetrek met materiaal, en dis fine vir ons somers.

Maar dis hoe die girltjie ry, wat saak maak.

Ondanks die 14 duim-wieletjies voel die karretjie goed geplant.

Dit het ’n meaty steering vir point-and-squirt driving terwyl jy die gears mash deur die twisties daar by Noordhoek.

Dis eintlik baie fun.

Miskien het dit te doen met ’n suspension – bestaande uit ’n McPherson strut-type setup voor en ’n torsion beam setup agter.

Drukvin

En selfs die braking was nie bad nie, danksy daai disk brakes voor en drum brakes agter.

Kortom: Daar is nie go-faster stripes nie; daar is nie ’n drukvin agter nie; daar is nie bling wiele nie (staal thanks, maar die kanse dat ’n pothole dit sal !@#$%^, is gering); daar is nie allerhande fancy stickers nie ...

What you see, is what you get. Soos ek aan die mense van Hyundai gesê het: Dis ’n absolute honest kar dié. It does what is advertised on the tin. Niks minder nie; niks meer nie.

En selfs in ’n segment waar bullshit ’n al hoe groter rol speel om die absolute mediocrity of plain terrible/terrifying produkte op te dollie, is dít vrek refreshing.

  • Albert se Rev Counter: ’n Rock-solid, honest, value-for-money (R160 000) 7 uit 10.

    Lewer kommentaar op hierdie artikel
    0 reaksies
    Lewer kommentaar
    Kommentaar 0 oorblywende karakters