Verlede maand
Die evolusie het afgeskop
dankie? Die Porsche 919 Hybrid Evo het wragtag die Nürburgring Nordschleife se track record van amper vier dekades geshatter. En dié racer is ’n produk van ál die restrictions wat deurgefilter het sodat karre nie die ysbere doodmaak nie. Foto: topspeed.com  ~ 

DIÉ week sit ek toe daar op die dak van een of ander hotel in die CBD by een of ander funksie en ek dank die gode ek sit nie in daai riviere van metaal doer ver onder die 14de verdieping nie.

Menende, teen skuins voor sononder was daar regtig riviere van traffic soos almal vir ’n plekkie sukkel op pad na die N1 en hier bo uit my loft kon ek tot die frustrasie en woede van die arme bestuurders aanvoel.

Maar moenie worry nie, want ek gaan nie nou wéér oor die f*kk*n traffic skryf nie.

Ek het ’n flashback gehad na ’n tyd toe daar baie, baie minder karre op die pad was, so vyf dekades terug, en aan my pa se Chrysler Valiant (VH) met sy tamaai 4.3-liter Hemi-6, met 151 kW on tap.

Die ding, so groot soos die Titanic, is gebou in ’n tyd waar die reël bigger is better was. Petrol was “volopper” as water, in Yankland, in elk geval. En safety features? Wel, die hele ding is soos ’n tenk uit yster gebou, met geen sagte plekkies vir ’n dronk fool wat voor jou sou inloop nie.

Massive, met (regte) chrome oral, en swaarder as ’n T-Rex. Van daar miskien die powere performance figures, die tamaai enjin ten spyt.

Maar toe kom die petrolkrisis in die mid-1970’s en ek onthou nog hoe my pa koepons by hom moes dra vir die voggies, en dat die pompe net op sekere tye van die dag oop was en dat mense soms ure lank by die petrolpompe moes queue.

En as jy brandstof oor die naweke gesoek het, kon jy maar vergeet.

Dit was die eerste onslaught teen die dinosaurs van die kar­wêreld. Almal het klein plastic-karretjies gesoek en Japan het toe begin koning kraai.

Die goed was cheap, so meer mense kon meer karre bekostig. En stadig maar seker het die paaie ál voller geraak.

Die tweede aanslag het so ’n paar jare later gebeur, toe die greeny loonies ál harder begin skree het dat karre van die duiwel is en ál die ysbere vrekmaak met ál daai vieslike uitlaatgasse.

En toe moes manufacturers ál hoe meer gimmics uitdink om die loonies te paai.

En die ál hoe meer draconian restrictions het ook afgefilter na motorsport. Veral na F1, met ál hoe kleiner enjins en met die tamaai V10’s en V8’s wat heeltemal verdwyn het.

Maar toe gebeur ’n wonderlike ding.

Want toe begin die slimkoppe by Porsche heeltemal uit die boks dink.

Want êrens lees ek dat dit juis ’n Porsche was wat onlangs die 35-jarige oue rekord van die legendariese Nürburgring Nordschleife track (20.8 km) geheel en al verpletter het.

Daai rekord is ook in 1983 deur ’n Porsche opgestel. Met Stefan Bellof agter die stuur van die 956 C, ’n monster met ’n turbocharged flat six met 474 kW on tap. Dink aan 6 min. 11.13 sek.

Gekoppel

Maar toe is dit wragtag ’n hybrid, die Porsche 919 Hybrid Evo, met Timo Bernhard agter die stuur, wat dit toe doen in 5 min. 19.54 sek.

Nes die loonies dit wil hê, was dit net ’n 2-liter V4 wat die werk moes doen, gekoppel aan ’n hybrid Energy Recovery System (ERS) setup.

Maar hier is die kicker: Met ál die restrictions het Porsche dit steeds reggekry om ’n haas (of is dit nou ’n ysbeer?) uit die hoed te ruk. Want in combined formation (en met ’n paar ander party tricks) kon die enjin meer as 850 kW uitskop. Van ’n 2-liter enjin?

Holy f*ck! Die kar was selfs vinniger – met sewe tiendes – as Lewis Hamilton se 2017 pole time (1 min. 42.553 sek.) op die ewe legendariese Spa-Francorchamps track.

So, as die greeny loonies vir nog restric­tions vra, is ek, die eerste keer in my lewe, aan hul kant.

En miskien, net miskien, sien ons ál minder karre op die pad en nie meer daai riviere van metaal in die CBD nie ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters