Verlede maand
Dié Ertiga 'n ware people mover

WEIRD naam. Weird shape.

Maar die nuwe Suzuki Ertiga lyk so wipgatterig, “because form follows function”.

People movers kan eenvoudig nie anders as om soos broodwaentjies te lyk nie.

Behalwe miskien die Kia Sedona, wat op die oog af lyk asof Avbob hom kan aanwend.

Terloops, die heyday van die MPV is eintlik lankal verby (in die 1990’s en die 2000’s was hulle big news, all puns intended). Nou is dit net SUV/cross-dressers orals.

Maar terug by die Ertiga. Wat kry jy vir jou mid-range Ertiga GL se R240 000?

Wel, Suzuki belowe jou sewe seats.

En die vervaardiger lieg nie soos ’n paar ander fabrikante oor die seating capacity nie.

Ek het in die laaste ry seats amper ’n uur in die traffic gesit toe ons van en na O.R. Tambo geshuttle is, en as ’n ses-voeter dit kan oorleef, dan kan enige een, never mind kinders.

In party sogenaamde people movers moet jy omtrent die kiddies eers oor landmyne laat stap om hulle te maak pas.

En daar is ook nou aircon na agter wat op die plafon gemonteer is.

So, dis ook nie meer soos ’n broodoond daar doer agter nie.

Die space is daar, want die Ertiga is nou 13 cm langer as die vorige een, 5 cm hoër en 4 cm breër.

Jy kan die middelry en agterste ry seats platslaan as jy die ding as ’n panel van wil gebruik.

Isofix

En van binne gepraat, in die model wat ek op launch getoets het, het jy ’n screen met ’n infotainment/connectivity capacity, wat jy kan mirror met jou smartphone as jy Google Maps wil gebruik of net up to date wil bly met jou Instagram account.

Daar is ook controls op die stuurwiel en ’n multi-display tussen die (conventional) dials voor die drywer.

Safety features? Twee airbags voor en ABS en EBD én Isofix.

En omdat die ding nou langer is, kom die reverse parking sensors nogal goed te pas.

Nou, wat sit onder die bonnet?

Wel, dis definitief ’n upgrade van die ou 1.4F naturally aspirated enjin, met ’n nuwe 1.5F petrol unit met 77 kW en 138 Nm torque on tap.

Klink maar “meh” op papier, maar soos Suzuki in soveel ander produkte bewys het, die enjin kan heeltyd op die boil gehou word en is peppy en rev-happy.

Jy kan kies tussen die manual vyfspoed box en, vir meer geld, die vierspoed auto box.

As jy die ding gaan gebruik waarvoor hy bedoel is, of as ’n airport shuttle, of ’n inner city taxi, of as jou lende baie, baie vrugbaar is, gaan jy skiet vir die auto.

Sien, jy gaan city traffic trotseer. But then again, wonders never seize, as Albert eers ’n auto kies, nè?

Wat design language betref: Nee, dis steeds nie ’n mooi kar nie, al is daar ’n heel nuwe front end en back end.

Dit lyk steeds ietwat soos ’n broodwa, maar is meer stylish as die utilitarian eerste gen.

Daar is ook nie meer daai tinny en flimsy gevoel wanneer dit by build quality kom nie. Baie meer substantial, met ’n solid vibe en ’n meer meaty steering.

Dis nóg ’n treffer uit ’n stal wat die laaste jare nie ’n voet kon verkeerd sit nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters