Verlede maand
Datsun se lelike eendjie
cheapest: Die Datsun Go+ is amptelik die goedkoopste nuwe kar uit die box in die land. Foto’s: ALBERT BAKKES  ~ 

R2 000.

Onthou daai bedrag. Dis waarskynlik een van die belangrikste dinge in die artikel.

Oukei. Kom ons begin by die begin. Ek het verlede week net so ’n bietjie geraak aan die Datsun Go+ panel van.

Maar nie eintlik met hom gery nie. Die eintlike toetskar in daardie stadium was toe die Datsun Go+ people mover.

Yep, people mover, want hy het drie rye seats, met een wat die boot volmaak. Wat jy gelukkig kan afslaan vir ’n boot-spasie van 347 F.

Uitgespoeg

Toe Datsun weer in 2014 ingekom het, het ons holier-than-thou motoring journos die Go in sy moer geskryf.

Lelik, onveilig, stupidly slow, cheap en nasty, was maar net ’n paar van die aaklige woorde en frases wat uitgespoeg is.

Ek meen, f*kk*l safety fea­tures soos airbags en ABS!

Blasphemy!

Ek was een van die min wat opgestaan het vir die Go.

I got the car, as it were.

Hoekom? Want as jy na die average goed gekyk het wat op ons paaie ry, het vreeslik baie aan dieselfde (blasphemy!) gely.

En dan was daar die prys. As ek reg onthou, was dit onder R100 000. En dan het jy die 3 jaar/100 000 warranty ook gekry. Wat dit in daai stadium die goedkoopste brand spanking new kar gemaak het.

En wat daai holier-than-thou lot miskien nie oorspronklik gesnap het nie (maar Joe Public wel), is dat daar, soos ek gesê het, ’n mark vir die ding was, met ’n average van 600 sales. Elke maand ...

Goed waaroor ek wel gekla het, was die missing radio (jy het jou smart phone ingeplug) en die solid seating arrangement voor (basies ’n bank wat in sy totaliteit vorentoe en agtertoe geskuif het).

Nou wat het verander?

karwei: Die Go+ is Datsun se people mover.
cheapest: Die Datsun Go+ is amptelik die goedkoopste nuwe kar uit die box in die land. Foto’s: ALBERT BAKKES
veilig? Die Datsun het tot follow me home lights.
lelike eendjie: Ja, hy is steeds nie die mooiste kar nie.
skuiwe: Die voorste seats skuif darem nou independently en is nie meer solid nie
Slim: Jy pluk die middelste ry seats vorentoe om in die agterste ry te kom.
kyk net! Datsun het ook nuwe rims ingesluit wat jy kan spec.
slukkrag: Jy kan die agterste ry seats platslaan vir ’n slukspasie van amper 350 F.
nuut: Hy het darem nou ook ’n radio, waaroor so baie gekla het.
space: En daar is darem spasie agter in die middelste ry seats.

Wel, die voorste seats skuif darem nou independently. En jy kry ’n radio/connectivity setup. En daar’s ’n airbag vir die bestuurder. En jy het 22 mm ventilated disc brakes voor.

Amptelik

Wat het nie verander nie?

Jy het steeds ’n karretjie wat so lelik is, net sy ma sal hom liefhê.

Jy sit steeds met ’n DOHC 3-pot inline naturally aspirated 1.2F-enjin, good to go vir 50 kW krag en 104 Nm torque, gekoppel aan ’n relatief smooth (if rather primitive) vyfspoed-manual box.

Datsun claim ’n combined cycle van 5.2 F/100 km.

Jy sit steeds met electronic steering en electronic throttle control, pleks van ’n kabel.

En ’n suspension setup met MacPherson struts voor en ’n torsion beam agter. En follow me home lights. En aircon. En lekker electric windows voor.

Ah, en dan is daar die prys. Net R150 900 all in. Amptelik die cheapste nuwe kar in die land.

En dít is waar die R2 000 inkom. Dis die maandelikse paaiement. (Terloops, ’n buddy van my sonder ’n kar daar in die Noorde spandeer on ave­rage R2 500 per maand vir transport.)

Gaan kyk ’n bietjie in hierdie koerant na die average karpryse, selfs in die second hand market en dan kyk jy weer na die Datsun Go+ se prys.

En dis vir ’n brand new kar, uit die box.

En dis wat die journos misgekyk het. Almal droom van ’n nuwe kar, maar dis maar min beskore.

Datsun het die game op sy kop gekeer en back to basics gegaan.

En Joe Public het die call gehoor.

Terloops, die powere syfers op papier ten spyt, was die Go+ een happy klein f*kkertjie om te bestuur. Een van my sit up and beg brakkies wat nie bang is om gedruk te word nie.

En met meer as 100 dealerships reg oor die land en dieselfde warranty en oorspronk-like parte en 24/7 roadside assist mag jy hom maar druk.

En ná ál die jare I still get the Datsun ...

  • Albert se Rev Counter: ’n 7 uit 10.

Terloops, ek het gehoor daar is nog baie Datsun-produkte, met baie meer features, op pad.

Maar vir eers, go virrie Go+.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters