Verlede jaar
Datsun se droomkarre
look, ma! EK is by oom Freek se Datsun Heritage Garage in Bothaville. Ek was bevoorreg om te speel met die oorspronklike giant slayer, die “Godzilla” GT-R (R34).Foto’s:albert bakkes/verskaf
herinneringe: Die Laurel was ’n uiters gewilde ryding.
ek wens... Die ZX was die droomkar van die meeste laaities van my generasie.
statig: Die Presidential was Samora Machel se ampskoets.
klassiek: Die Type 11 is uiters skaars.
haastig: Die SSS het hordes rallies hier gewen.
seldsaam: Die sogenaamde “Kenmeri” GT-R van 1973. Skaarser as hoendertande.
dainty: Jy kyk na ’n Fairlady.
kom kyk: Die 240Z’s is nog steeds koppedraaiers na al die jare:
opwindend: Die Exa was op sy dag werklik ’n “holy shit!”-kar kar.

BOTHAVILLE lê mos amper in die hartland van die diamant­velde daar in die vlaktes van die Vrystaat.

Behalwe dat die Nampo-landbouskou elke jaar daar aangebied word, is daar ’n diamant van ’n ander soort in dié dorpie.

Dís oom Freek se Datsun Heri­tage Garage, om presies te wees.

Die baie private oom het oor die jare heen ’n ver­sameling van enige­ soort Datsun en Nissan waaraan jy kan dink, bymekaargemaak.

Daar is meer as 200 karre, van exotics soos die Presidential (Samora Machel se presidensiële ampskoets) en dainty Fairladys tot goed waarvan daar min in die wêreld is, indien enigsins, soos die “Kenmeri” GT-R van 1973.

Die bynaam is van ’n ad waarin ’n Ken en ’n Mary verlief is op hul GT-R. Net 197 van dié monsters is vervaardig.

En die legendariese Z’s? Dis daar. Én ’n oorspronk­like Datsun Type 11.

Katedraal

Ek het ook die kans gekry om die giant slayer, die “Godzilla” R34, te bestuur.

Glo my, dis alles wat hulle sê dit is, en baie, baie, baie meer. Utter lunacy.

En elke oomblik dat ek in daai katedraal vir Datsun en Nissan gedrentel het met my bek op die grond, was dit werklik ’n gewyde tyd.

Dis after all die grootste versameling van dié vervaardiger se waens buiten die ampte­like versameling by sy aanleg in Japan.

As jy ooit in daai deel van die wêreld kom, gaan kyk na die eintlike diamant van die diamantveld.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters