2 maande gelede
Datsun Go+ hou en hou
unbreakable: Die pienk Datsun Go+ panel van is een van 60 wat elke dag honderde kilometer aflê vir NetFlorist. En hulle breek nie. Foto: albert bakkes  ~ 

KYK, in my relatiewe lang loopbaan as motor-terroris het ek darem al ’n paar kar-launches bygewoon.

En ’n paar goed aangevang op said launches.

Natuurlik ’n toetsroete of drie aangevat. Natuurlik gerace. Natuurlik track work gedoen. Natuurlik deelgeneem aan gymkhanas (daar waar jy teen tyd deur cones vleg).

Maar dan was daar ook die ongewone activities, soos rock climbing, hot-air ballooning, vlieg, surfing, gambling en boat rides.

Dis seker maar ’n kwessie van “hoe meer ongewoon die launch, hoe beter sal hulle oor ons produk skryf”, van die manufacturers se kant af.

Of anders: “Hoe meer ongewoon die launch, hoe meer sal hulle die rock climbing onthou en hoe minder ons sh*tty product.”

Maar verlede week het ek letterlik gevoel asof ek saam met Alice down the rabbit hole geval het.

“Curiouser and curiouser,” soos Alice tereg in Wonderland gesê het.

Want ek het met my inner florist in aanraking gekom.

Nie dat ek ooit kontak verloor het nie, jy verstaan.

Sedert ek Vrou ontmoet het, het ek en my inner florist gereeld gesprekke, want ek koop mos blomme vir haar en dan arrange ek dit “just so”.

Maar dis die eerste keer dat ek in die openbaar uit die kas klim, as it were (voor ander journos, nogal).

Kom ek begin by die begin.

Datsun het ook ’n geheim van sy eie.

Hy het mos ’n vloot van 60 panel vans daar by die grootste online florist, die flower (en gifts) delivery site NetFlorist.

En sedert 2016 hardloop hierdie vloot honderde kilometer elke dag landwyd om deliveries te maak. Om dit so te stel, elke klein pienk Datsun GO+ panel van hol enige iets van 700 tot 1 200 kilometer. Elke dag.

Terloops, SA is die enigste land met die panel van derivative.

En die Nissan plant in Rosslyn, Pretoria, convert die gatkant van die panel van ook na ’n refrigeration setup om die blomme koud (en vars) te hou.

Terloops, op Valentine’s Day het die mense by NetFlorist HQ in Sandton ’n whopping 32 000 online orders gekry.

Die mense slaap sommer op matrasse in die fabriek. Hulle word van alles voorsien – van kos tot geriewe om die lewe tussen produc­tion so gemaklik moontlik te maak.

En die hele ding, insluitende die pienk vloot, word dan soos ’n military operation gerun.

Troepe

Selfs in die stiller oomblikke, het die setup my laat dink aan:

a): ’n militêre kamp met presiese reëls, en

b): ’n motoring manufacturing plant waar geen foute in die production line mag kom nie.

En nee, dit klink asof die mense soos troepe afk*k. Glad nie. Mense smile en doen hulle ding.

En John, die research en production manager, ken elke mens op die vloer by die naam. En ek dink dis wat die hele operasie so suksesvol maak. Die vloot ook.

Ek hoor ook die Datsuns is eers elke 32 maande ingeruil.

Maar die norm is nou 72 maande omdat die goed eenvoudig nie breek nie, en omdat die tech relatief eenvoudig maklik is om reg te maak.

En om ons ’n taste te gee van wat eintlik in die fabriek aangaan, word ons vier Capies toe aangesê om ’n bouquet te maak. Dit onder John se leiding (of was dit nou vir hom ’n lyding?).

Dis daar waar ek toe my inner florist aan die mense voorstel. En ek moet sê dit pla my min dat die mense nou weet.

Kreatief

Want my rangskikking (of is dit nou ’n verskrikking?) het die ding gewen.

PS: Almal wat so spot met florists ... shut up, dis f*kk*n harde werk.

Jy moet ’n kop op jou lyf hê om dag ná dag kreatief met blomme te werk.

PPS: En ons bouquets was nie ’n vanity project nie. Dit het ’n paar ou mensies daai dag gelukkig gemaak, uit die pienk vloot ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters