Verlede maand
Daar is meer as net karre
kan jy glo? Op ’n Datsun Go event het ons nie eens in die Datsun gesit nie.Foto’s: albert bakkes/verskaf  ~ 

NOG ’n dag, nog ’n ontmoeting met ’n kar. En ek het opgehou tel hoeveel ek al ontmoet het.

Maar weirdly enough, ons het op ’n sekere (her)ontmoeting glad nie eens aan ’n stuurwiel geraak nie. Want ons hét die Datsun Go en Go+ mos al bestuur.

Toe ons uitklim, is aan ons elkeen so ’n parmantige voorskoot gegee.

Want vandag, I sh*t you not, gaan ons ’n brood toetsbestuur!

En nie sommer enige brood nie, hoor – artisanal brood.

Menende, Babette, die pro broodbakker, gaan ons leer om ’n baie spesiale brood te maak.

Jy gebruik stone-ground meel, sonder enige preservatives, om jou bun in die oven te sit.

Terloops, die idee agter die konsep van die event was om te wys hoe veral die Go+, met die groter gat, die beste go to is, as it were, vir ’n klein besigheid om jou eie, brood, as it were, af te lewer en ander sake te doen.

En toe is daar gebak en gebrou, en opge!@#$%^ tussen ’n klomp motoring journos.

En op die ou end het tot hierdie hardebaard sy gat af geniet.

Want so tussen die wag dat jou bun rys, in sy eie klein broeikamertjie, is ons deur die baie passionate Babette vertel van die reis van brood, uit die oertyd ... tot vandag.

En die verskil tussen die crap wat ons daagliks eet en die brood wat ons vandag bak.

Want baie van die meel wat jy op die rak koop, het die voedingswaarde van die papier waarin dit verkoop word. Nóg erger, baie van daai meel word lekker wit gemaak, met regte egte bleach!

En na die rysproses is ons gewys hoe om ’n brood te vorm, met Babette se eie batch deeg, voordat ons losgelaat is om ons eie bun in die oven te sit.

En toe is dit tyd vir die tongtippietoets ... want ná die bakkery moes ons ons eie produk eet.

En honestly was selfs my ou bun werklik die lekkerste brood wat ek al in my lewe geëet het.

Beloftes

Want dit was ’n honest brood. Net ’n knyp sout, net ’n knyp yeast, die beste meel en ’n bietjie water, wat jy met jou hande meng en knie en vou, en natuurlik ’n natuurlike rysproses.

En miskien is dit die brood se eintlike connec­tion met die Datsun Go.

Die Go en die Go+ het jou nog nooit gebullsh*t met enige beloftes nie.

Hulle het jou belowe dat hy jou van punt A na punt B bring, in relatiewe gemak, met (nou added) safety fea­tures, nice-to- haves soos ’n touch screen vir connec­tivity/infotainment, en ’n mirror function vir jou slimfoon.

En dis die magic van die Go, soos met daai brood. Lyk na amper niks, maar sodra jy inklim, of begin kou, click jy waarom albei op die aarde is.

En daai event het my ook geleer dat daar ander goed is as net karre bestuur.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters