3 maande gelede
CX-3 het baie styl
’n WENNER: Die Mazda CX-3 lyk so goed, hy lok selfs kopers van meer premium-produkte soos die Audi Q2 en Mini Countryman.FOTO’S verskaf  ~ 

MAZDA se ou­like CX-3 lyk dalk soos ’n SUV, maar in werklikheid is dit meer ’n B-segment crossover.

Dit is in beginsel soortgelyk aan die VW Cross Polo. Die Mazda CX-3 is gebaseer op die Mazda2-supermini, wat ’n mens ook as Mazda se Polo kan beskryf.

Anders as VW het Mazda baie moeite gedoen met die herontwerp van sy cross­over. Die Mazda CX-3 lyk so goed, hy lok selfs kopers van die meer premium-produkte soos die Audi Q2 en Mini Countryman.

Die CX-3 is tans ’n vreeslik gesogte produk omdat dit uitstekende waarde vir geld bied. Die ontwerp is aggressief en stylvol, en hy lyk baie duurder as wat hy eintlik is. Daarin lê sy wenresep.

Met Mazda kry jy deesdae basies ’n Lexus vir die prys van ’n soortgelyke Toyota. Toyota en Nissan het aparte premium brands loop ontwikkel, naamlik Lexus en Infiniti, om meer premium-produkte mark toe te bring.

Maar Mazda het net sy eie naamprodukte ’n moerse upgrade gegee met die ontwerp, premium-gehalte-materiale en elke denkbare premium feature.

Premium-eienskappe kan ’n mens teen baie laer pryse in gewone Mazda-modelle aantref en dis wonderlik.

Dis ’n slim manier om premium-kopers te lok en bestaande Mazda-kopers te behou.

’n Mazda-klant koop deesdae dus uit die staanspoor ’n premium-produk en die gekose afwerkingsvlak bepaal hoeveel jy bereid is om te betaal vir daai premium-gevoel.

Meer bewyse van sy algemene premium-benadering is dat die hele Mazda CX-3-reeks dieselfde 115 kW-, 2.0-viersilinder­enjin gebruik.

Die afwerkingsvlakke Active, Dynamic en Individual bepaal jou keuse van ratkas en hoe premium jou CX-3 toegerus word. Die voordeel hiervan is dat selfs die goed­koper Ac­tive-afwerking steeds die soliede premium-bougehalte, stuurgevoel, padmaniere, ontwerp en stilering van die duurder modelle ten toon stel.

Die enjin is wel groter as wat mens verwag op ’n kleinerige kar, maar dis ’n besonders moderne enjin met ’n goeie balans tussen ekonomie en verrigting. Sien, ’n groot enjin sonder turbo werk egaliger en teen minder druk as ’n kleiner turbo-enjin om dieselfde verrigting te verskaf teen soortgelyke of beter brandstof-ekonomie.

Hierdie benadering verleen weereens aan Mazda se CX-3 ’n gevoel van meer as genoeg maar rustige pre­mium-kraglewering.

Niks in die CX-3 se prysklas van R290 800 tot R388 400 kom naby dié Mazda nie.

Die CX-3 voltooi die 0 tot 100 km/h sprint in sowat 9 sekondes en drink minder as 8F petrol per 100 km.

Die handrat- en outo-model bied albei ses ratte wat soomloos voel in outo en sportief-meganies in die handrat-model. Dis ’n erg dinamiese voertuig propvol persoonlikheid, klas en style. Mazda verdien elke oomblik van hierdie ophemeling.

Ek verstaan nie hoekom daar nie meer mense is wat Mazda-kopers is nie. Mazda word lelik onderskat.

Sy standaardprodukte lyk, voel en hanteer soos pre­mium-produkte. Mazda beskou premium as normaal.

premium: Mazda druk nie net ‘n kleur raakskerm en digitale instrumente, hout, blink plastiek en leer afwerking in ‘n goedkoper produk en noem dit premium nie.
klasleier: Niks in die Mazda CX-3 se prysklas van R290 800 tot R388 400 kom naby hom nie.
’n WENNER: Die Mazda CX-3 lyk so goed, hy lok selfs kopers van meer premium-produkte soos die Audi Q2 en Mini Countryman.FOTO’S verskaf

Die aktiewe veiligheidstoerusting soos blindekol-monitors, ses lugsakke, outomatiese brieke en baanhulpstelsels wat die pad­oppervlak monitor en die stuurwielposisie namens jou aanpas om jou in die baan te hou, is nie agterna aangeplakte gimmicks nie.

Net Mazda bied hierdie volledige premium-ervaring in sy standaardprodukte.

Die Mazda CX-3 is voorwaar ’n wenner.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters