7 dae gelede
Cool cruiser is ’n wenner
sublime: Die BMW 630d Gran Turismo het in daai week onder my vel ingekruip. Foto’s: albert bakkes  ~ 

DIÉ week het dit nie kopkrap gekos oor watter toetskar ek moes skryf nie.

Omat ek aan die einde van 2018 nie tyd gehad het om oor dié black beast te skryf nie, en oor toetskarre dié tyd van die jaar skaarser as hoendertande is, is dit nou dié ding se beurt.

Ontmoet die BMW 630d GT.

Oukei, eerstens is dié badge nie my favourite “Germaan” nie.

En tweedens het die GT (vir Gran Turismo) met die eerste oogopslag ’n baie weird design language.

Dit lyk so asof die gat rondom lunchtime deur die Duitsers gelos is nadat daar te veel bier gedrink is, en toe nét so laat staan is.

Unfinished, met ander woorde.

Maar then again, die mense by BMW is bekend daarvoor dat hulle lief is om niche markets te vestig waar daar nie eens ’n niche was nie.

Die X6 is ’n case in point. En dan moet die ander Germane skarrel om by te bly. ’n Weird soort arms race.

Maar dan klim jy in.

unfinished: Die gat van die GT het met die eerste oogopslag weird voorgekom.
market: Maar die GT het ’n niche gemaak. Die ander Duitsers gaan weereens spartel om by te kom.
glide: Die ding weeg twee ton en kan haastig wees, maar is veel eerder gemik op comfort en luxury.
tamaai: Daai sloping venster verskuil ’n reuse-boot.
weirdness: Ná twee dae het ek sommer selfs die BMW sy gat vergewe.
dit werk: Die layout voor is classic BMW. But why change it if it works?
wafting: Daar is nie ’n Sport+ setting nie. Want dis nie ’n shouty shouty kar nie.
be entertained: Die passasiers het albei ’n eie infotainment system.
sublime: Die BMW 630d Gran Turismo het in daai week onder my vel ingekruip. Foto’s: albert bakkes

And all is forgiven.

Die GT doen sy naam gestand. Dit gaan hier basies oor absolute comfort and luxury, eerder as all out, balls to the wall, brutal handling, dynamics en krag.

Tog moet die drieliter- turbodiesel-meul onder die enjinkap glad nie onderskat word nie.

Daar is 190 kW on tap, met ’n oogrekkende 620 Nm torque band.

Dit beteken ’n dash time van 6.1 sekondes, wat ’n paar hyper hot hatches in hul corn flakes sal laat stik.

Terloops, hierdie kar is ook ’n tipe hot hatch met die sloping agtervenster. Maar met ’n verskil. Dit weeg twee ton.

En daai selfde sloping venster verskuil ook een tamaai boot wat 610 liter kan sluk. Met die agterste seats plat, sommer 1 800 liter. Nie dat jy dit ooit sal doen nie, want met dié kar gaan jy mos nie trek nie. Te classy daarvoor.

Maar terug in die kajuit. Daar is die Comfort Plus, Comfort en Sport settings.

En ’n addisionele air suspension setup agter. So, jy kan verstaan hoekom die GT eerder mik vir comfort en cruising.

Daar’s hope spasie en akkers leer en ’n infotainment system met 10.2 inch screens bolted aan die agterkant van die sitplek vir albei passasiers agter.

Voor is die layout en switch gear (insluitende die pistol grip shifter) classic BMW. En dit het ’n bietjie gepla, want it’s rocking it like it’s 2009 en nie 2019 nie.

Maar why fix it when it works?

En hoe is dit om te bestuur? Wel, om presies te wees, is dit sekerlik een van die mees comfortable karre, nevermind net BMW, wat ek in ’n lank tyd bestuur het.

Ná twee dae het ek hom selfs sy weird gat, met die opwip-vlerk, vergewe.

Selfs in Sport was dit veel eerder ’n wafty-wafty kar, eerder as die gewone shouty-shouty BMW affair.

Magic carpet ride eerder as ’n jet fighter.

Ek het naderhand soos ’n elder statesman bestuur. Statig eerder as haastig.

En dis waar die GT se bekoring lê.

Weird gat en al, all and all, ’n week van bliss.

As BMW weer ’n niche wil skep waar daar nie ’n niche was nie, bring it on.

  • Albert se Rev Counter: ’n Sublime 8 uit 10. Ek moes egter punte aftrek vir daai weird agterstewe ...
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters