18 dae gelede
Clutch units is pieperig
RATKAS TOE: ’n Clutch unit soos dié is vrek duur.  ~ automotivefixing.com

TOE ek nou die hele vakansie met daai fantastiese Suzuki Swift Sport manual (lees die spread) deurgebring het, en die beastly Toyota Hilux Legend 50-bakkie, ook ’n manual, nou net teruggegee het, het ek uiteraard gefokus op die manual manier van bestuur.

En toe beland ’n artikel oor clutch driving in my inbox. En clutch driving is a thing. Dankie, MotorHappy.

Onthou, jou clutch laat jou toe om gears te verander. As jou clutch gaan, are you literally stuck in first.

En clutch units is vrek duur.

So baie mense opt daarvoor om die unit self te vervang in die naweek. Bye-bye vir jou warrantee/guarantee, dankie.

So, jy moet maar na jou clutch unit kyk deur beter te ry (as ek).

MotorHappy (anders as ek) sê jy moet jou clutch soos ’n switch gebruik.

Met ander woorde, of fully engaged of heeltemal dis­engaged. Op die vloer of in die lug, dus.

As jy clutch riding doen waar die pedal so ’n bietjie ingetrap is (dink aan throttle control teen ’n bult uit waar jy albei pedals modulate), wear­ jy daai clutch baie vinnig uit.

Gebruik maar eerder jou handbriek, dankie.

Wissel

En moenie, soos ek, die kar rev as die clutch op die vloer is nie.

Daai enjin rev baie harder as dit op die vloer is. Baie mense doen dit onwetend wanneer hulle ratte wissel (dink so ’n bietjie double clutching van ouds) en dit kan lethal wees vir jou clutch.

En jy moet maar jou clutch laat check voordat hy só moer toe is dat hy heeltemal vervang moet word, as jou ratte te maklik (sonder byt) verander en jou revs wonky is en daar so ’n metalerige brandreuk in die kar is.

Want dan het jy heelwaarskynlik ’n slipped clutch.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters