Verlede maand
Clio doen wat die grotes nie kan nie
puller: ’n Vrou wou allerhande lelike goed met my in die Renault Clio R.S.18 Sport doen.Foto’s albert bakkes  ~ 

EK HET verlede week omtrent wragtag ’n kar gerol.

Nie omdat ek iets stupid aangevang of onder my talent uitgery het nie.

And now for something completely different, soos Monty Python gesê het.

Dit het in spitsverkeer op pad werk toe gebeur.

Jy weet mos van daai twee en ’n bietjie uur wat jy sekere dae vat om die 19 km van die huis tot by die werk af te lê.

Ek ry dié dag toe in die baie besige Renault Clio R.S.18 Sport hyper hatch.

Dis ’n swart een met racing stripes en geel trim.

Maar ek was in daai stadium so vinnig soos die stadigste Tazz in die middelbaan.

En toe kom so ’n gehawende taxi langs my in die vinnige baan en slack af om by my pace te hou.

En die guardjie beduie vir my om my venster te laat sak.

“Nice car, captain!” skree die ou toe vir my.

Ek aanvaar dit maar te gelate, want dit het darem al ’n paar keer met my gebeur in sekere karre toe ander bestuurders afslack om te kyk en te beduie.

Maar wat toe vyf minute later gebeur het, het ek nog nie in daai ander tipe karre gehoor nie.

Toe slack dieselfde taxi weer hier langs my af en die ou beduie weer ek moet die venster laat sak.

Omgooi

En toe doen ek dit maar. Wrong decision.

puller: ’n Vrou wou allerhande lelike goed met my in die Renault Clio R.S.18 Sport doen.Foto’s albert bakkes
WOW! In dié tipe verkeer het ek amper die Clio omgegooi.

Toe skree die bestuurder die volgende ding vir my (ek sweer): “Captain, here’s a woman in the taxi who wants to f*ck you! She said she hasn’t seen such a fine gent in such a fine car in a long time!”

En dis tóé dat ek omtrent ’n Clio R.S.18 Sport teen die magtige spoed van 20 km/h omgooi.

Die laaste keer toe iemand my sulke tipe signals gegooi het (maar nooit so blatant nie), was toe ek in die Jurassic-era op universiteit was. Nee, nie omdat ek in daai jare enigsins handsome was nie.

Nee, omdat ek een van die min studente was wat my eie kar gehad het.

Karre was maar ’n luxury, en as jy ’n kar gehad het (in my geval so ’n geel Beetle wat ek by my pa gekoop het), was almal jou pel.

Die girls (en van die ouens) wou by die drinkplekke uitkom of gaan swem in die Strand.

Of hulle wou die sonop gaan kyk daar by die Steenbrasdam.

En dan gooi hulle sulke signals dat daar miskien iets meer as net die sonop vir jou wag as jy hulle ’n lift gee.

En dekades later, gebeur dit wragtag weer.

En toe skrik dié whitey homself groen en beweeg dadelik sho’t left na die stadige baan ...

Ironies genoeg het ek die laaste tyd ’n gros baie, baie, baie lekker karre gehad.

Die Porsche Carrera T, die tamaai Bentley Bentayga, die witwarm Mercedes-AMG C 63 S , sommerso in ’n ry. Maar wou iemand my in enige van daai karre bykom? Glad nie. Net in die Clio. Nou as daai nie pulling power is nie, dan weet ek nie wat is nie ...

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters