Verlede maand
Civic sport is ’n sedan met oemf!
all grown up: Ek het in die Honda Civic Sport-sedan soos ’n grootmens gevoel.Foto’s: ALBERT BAKKES  ~ 

ALL grown up.

Dis hoe ek gevoel het in die heart of darkness, die lockdown se vlak 4-gedeelte.

Want ek het die Honda Civic Sport-sedan gehad. En niemand koop meer sedans nie.

Ek weet nie hoekom die neiging na SUV/crossdresser/wannabe-an-off-roader in die land posgevat het nie.

Miskien omdat almal in dié land bakkies ry. En nou wil yummy mommies met die stram prammetjies ook so ’n bietjie hoër sit? Wie weet?

En soos julle al lankal weet, verpes ek die !@#$%^ goed oor die algemeen.

Hulle is stupid om te bestuur as gevolg van die hoër stance met daai alewige body roll deur die twisties.

En 99% van die !@#$%^s kan in elk geval nie eens pavements klim nie.

So, jy betaal duurder, het minder space en dis useless deur die twisties of in die boendoe. So, why bother?

Daarom is ek versot op sedans. A breath of fresh air in ’n propvol mark van crossdressers, veral as hulle so hartroerend mooi is soos hierdie Civic.

Toe ek egter hoor ek kry die Civic, het my hart so ’n bietjie in my skoene gesak.

Want hulle kom mos net met ’n CVT sh*tbox uit en julle weet ook al lankal hoe ek oor daai !@#$%^ bokse voel.

Omtrent nét so useless as daai crossdressers.

Verlede jaar se ontmoeting met die Civic se ander boetie, die Civic 1.8 (naturally aspirated) Elegance-sedan was ’n case in point. Trap die loud pedal tot op die vloer en daar is ’n geween en gekners van tande. Ook van jou kant af, want net mooi f*k*l gebeur nie. Daai CVT box met daai spesifieke enjin het nie ’n clue gehad nie.

Jy byt op jou kneukels, dis so mooi, maar gee die damn ding terug met ’n sug van verligting. Soos ’n beeldskone vrou, met halitosis.

Bonnet

So, daarna klim ek toe in die Sport in.

In dié een is daar die viersilinder-1,5F-VTEC-turbopetrol onder daai elegante bonnet.

Good to go vir 127 kW krag en 220 Nm torque na die voorwiele.

In die regte wêreld be­teken dit ’n dash time van ’n taamlike haastige 8.2 sekondes en ’n top end van 200 km/h on the dot.

Met ’n combined fuel cycle van 5,9F per 100 km.

En jy glide en waft along op ’n suspension setup bestaande uit ’n MacPherson strut setup voor en ’n multi-link setup agter.

Jy voel sommer so ietwat meer gesofistikeerd, meer grown-up.

En kyk na daai lyne van die 4,6 m lange kar met haar wide stance (dit is definitief ’n sy hierdie) van 1,8 m breed. Maar sy is net 1,4 m hoog en weeg net 1,3 ton.

Olifant

Maar dit vat niks van jou kopruimte agter weg nie, asook nie van jou been­spasie nie. Die boot kan steeds 424F sluk.

En die olifant in die kamer?

Daar is steeds ’n whine en ’n geween en ’n vloekery as jy die loud pedal intrap.

Maar dis gou vergete, want mated met die 1,5F unit met die tamaai turbo is die krag onmiddellik on tap en die CVT krap nie eens kop om te besluit in watter !@#$%^ “gear” hy wil wees nie.

En as jy Albert is, dan gooi jy haar obviously in Sport en tickle haar boks met die shifters agter die stuurwiel.

Verkalk

Dan dan raak die girl, wel, so ’n bietjie uncivil, as jy verstaan wat ek bedoel. Maar op ’n very grown-up manier, as jy ook verstaan wat ek bedoel.

Sy raak nie ’n porn star nie, maar eerder soos, wel, Vrou, ’n seductress. Iemand wat daar bo in Pretoria woon, vir wie jy gereeld gaan “kuier”.

So, anders as met soveel ander sedans (waarmee ek grootgeword het) waarin jy kan voel hoe jou are verkalk, jou hare uitval of grys word en jou oë dowwer word, hou die Civic Sport jou wel so ’n bietjie jonk. Want sy is nie net beautiful nie. Sy het ook so ’n bietjie vonk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters