15 dae gelede
Citroën terug in SA met ’n ‘bang’
Hallo! Citroën is terug in die land met ’n bang. Kyk net die ougat klein C3.  ~ Albert Bakkes

KOM ons praat weer oor oorlog verklaar.

Of “la guerre”, soos die Franse dit noem.

Frankryk moet eerder nie in een sin genoem word nie, want die Frenchies het onlangs nie juis die wêreld aan die brand baklei op die slagveld nie. Selfs Napoleon het sy gat gesien. Maar c’est la vie, nè?.

Anyway, die Franse het so ’n paar weke terug mos oorlog verklaar op die local car market – met die herbekendstelling van die Peugeot-reeks.

Xavier Gobille, grootbaas van die Franse Leeu, het oorlogswoorde gebruik. En onlangs het hy dit wéér gedoen, dié keer met Peugeot se sister brand, Citroën.

Om dinge in perspektief te stel, Citroën het laat in 2016 skielik sonder seremonie (en sommige sal sê soos ’n dief in die nag) die land verlaat.

Tech

So, as deel van ’n total onslaught deur die PCSA global brand (waaraan albei behoort) moes Citroën met ’n bang terugkom SA toe.

Waar die Leeu meer vir kopers is wat hou van tech dynamics en ’n bietjie performance, is Citroën meer people orientated. Dis vir mense wat van mense hou.

En jy kan dit aan die bestuurstyl van die nuwe C3 hatch, die C3 Aircross en die flag­ship C5 Aircross voel.

Waar die Pug (veral die 5008 SUV) meer doelgerig en dynamic voel as jy hom druk, het die Citroën brand meer drive comforts.

Daar’s tot gimmicks soos memory foam in die seats wat die shape van jou hol sal onthou in die top spec-model.

Die C3 is ’n funky klein hatch (wat baie beter lyk as haar sussie, die 108).

My toetskar was die 3-pot 1.2 PureTech turbocharged petrol, met 81 kW on tap, gekoppel aan ’n 6-speed auto.

Dis ’n baie peppy klein enjin. Maar die groot verskil skop in as jy die Sport-knoppie druk.

Maar tog was daar ’n swewende gevoel, ’n gliding ride wat ál die bumps in die pad smooth gemaak het.

Dalk het die Citroën Ad­vanced Comfort-tegnologie iets daarmee te doen. En alles is so insulated dat amper geen wind of wheel noise in die cabin inkruip nie.

Die dash is skoon en uncluttered. Maar French quirks het hier ingesluip. Soek na die Sport-knoppie en jy kry hom agter jou koffiebeker, want die cup­holders is reg onder die hangdown. En die shifter indicator? Tjek agter die ander koffiebeker.

Dan is daar die airbumps aan die buitekant van die deure. Citroën vertel my dié air filled plastiekpanele beskerm jou kar teen ligte stampies en skrape, maar vir my lyk dit dis net vir show.

Lieg

Die C3 Aircross compact SUV, die C3 se suster, sal hard moet baklei in ’n baie clut­tered marksegment.

Sy het dieselfde enjin, maar staan op stilts om die hele SUV vibe weer te gee. Maar trust my, daai muscular looks en shouty-shouty design language lieg vir jou.

Dié lady like glad nie van grondpad nie. Net soos haar sussie is sy baie wafty en smooth op die teer. Maar die oomblik toe ons die gravel tref, het al daai Citroën Advanced Comfort-foefies basies @#$%^ gedoen nie.

En dan het ons die C5 Aircross flagship.

Uiters futuristies binne, en tog heeltemal uncluttered en intuïtief. Benewens die Advanced Comfort tech het dié SUV ook ’n Progres­sive Hydraulic Cus­hion suspension setup. Hier praat ons van régtig glide, selfs op die gravel. Daar’s ook double-glazed front windows wat omtrent alle gravel-, wind-, en band­geraas uitskakel.

En die boot begin by 520 F, maar as jy die drie heeltemal verstelbare seats agter platslaan, kan dit skielik ’n tamaai 720 F sluk.

Onder die bonnet woon ’n 1.6 F-petrolenjin wat 121 kW stuur na ’n 6-spoed autobox.

Treffende

Daar’s weer quirky tech ook, soos die front view ConnectedCAM Citroën-kamera wat jou rit kan record.

Gaan die Frenchy ’n impression maak? Wel, die treffende, in-jou-gesig dog quirky design language van ál drie is beslis ’n eye-opener. Die enjins is happy units en sal ’n smile op jou dial sit.

Anders as met die Leeu wat nooit weg was nie, het Citroën ’n reuse-stigma as die Franse surrender monkey wat weggehardloop het toe dinge tough begin raak het.

Net die tyd sal leer ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters