Verlede maand
Citroën is terug met méér quirks
DISTINCTIVE: Die Citroën C5 Aircross se styling (kyk daai aggressiewe neus) sal maak dat jy hom nie in ’n see van wit crossdressers verloor nie.  ~ Albert Bakkes

HOEKOM hou ek van ’n ding (en gaan hom goedpraat) terwyl ek my bedenkinge het?

Kom ek begin by die begin: Die Citroën brand het mos meer as drie jaar gelede die land verlaat – soos ’n dief in die nag.

Dit het Citroën-eienaars onkant gevang en hulle baie be@#$% gelaat.

Einde laas jaar is hulle toe egter met ’n bang terug met drie produkte in die line-up – die C3 compact hatch, die C3 Aircross compact crossdresser en die C5 Aircross people mover, waaroor vandag se toets gaan.

Ek sal afskop dat ek baie, baie, baie van die C5 Aircross gehou het (let op, nie verlief nie).

Styling? Wel, ek glo nie jy sal die C5 in ’n see van wit crossdressers in die lughawe se parking lot verloor nie.

Kyk daai distinctive, aggressive neus, die distinctive gat, daai orange trim en die goed op die deure wat Citroën Airbumps noem.

Spasie

Dis glo daar om die deure te beskerm teen stampe en stote van deure wat oopgemaak word teen joune, of ontsnappende trollies in die parking lot.

Binne gee dit ’n gevoel van spasie en minimalisme, met ’n volledige digital instrument cluster (jy koekeloer nog na die cluster deur die stuurwiel en nie bo-oor soos met die nuwe Peugeots nie).

GROOT: Die cabin gee jou ’n gevoel van ruimte en minimalisme.

Reguit lyne en hoekige afwerking rond die prentjie af met ’n moerse touchscreen op die dash.

Die agterste drie seats (met access tot ’n USB port vir die passasiers én ’n seperate aircon) kan afsonderlik vorentoe en agtertoe verstel word en recline.

Die boot kan 520l sluk en as jy die agtersitplekke platslaan, sluk hy ’n tamaai 1 630l. Class leading, seg hulle.

Terloops, in dié oorvol segment hardloop die Aircross teen gedugte competitors soos die Hyundai Tucson, Kia se Sportage, die Mazda CX-5, die Toyota RAV4, die VW Tiguan en Citroën se suster, die Peugeot 3008. Die Aircross deel ook heelwat tech met laasgenoemde.

Onder die bonnet, nes onder sy suster s’n, sit daar ’n 1,6l 4-pot turbopetrol unit, good to go vir 121 kW krag en 240 Nm torque.

En al het die C5 en die 3008 dieselfde figures, hardloop die C5 met ’n dashtime van 10.5 sekondes teenoor die Peugeot se 8.9 sekondes.

But then again, op launch het hulle vir ons gesê die Peugeot is vir mense wat op tech ingestel is, terwyl die C5 eerder op people’s people ingestel is wat nie haastig is nie, maar eerder hou van comfort en luxury.

Daar’s tot memory foam in die seats ingebou sodat jou gat so lekker as moontlik sit.

UITSTAANDE: En die distinctive gat.

En hier kruip die tipiese French quirkiness in.

Daai Airbumps? Pure PR bullsh*t, methinks, want as dit jou teen ’n weghol-trollie moet beskerm, hoekom is dit so piepklein? Hoekom nie ’n hele strip Airbumps oor ál vier deure (soos op die nou extinct C4 Cactus) nie?

En as jy vir comfort mik wat alle growwigheid op die teer én gravel uitskakel met die tipiese Citroën glidy suspension setup, hoekom sit jy ’n Sport-knoppie in die centre console? En static paddle shifters op die steering column? En ’n baie racy/sexy Dassault Mirage fighter jet pistol grip shifter vir die super smooth 6-speed auto box?

En hoekom sit jy nie ’n satnav function in die infotainment/connectivity screen nie?

En hoekom moet jy in ’n sub-menu ingaan om jou aircon te stel, waar jy moet tab om die aircon se spoed op of af te stel?

Spesiaal

Ja, dit klink of ek kla, maar ál die quirkiness het my laat besef dít is hoekom ek nie dié ding sal verloor in ’n see van wit crossdressers op die airport se parking lot nie.

Dit maak die baie competent front-engined people mover (en dis wat hy is, en nie soos die PR bullsh*t nou wil laat verstaan ’n properse SUV nie) baie spesiaal. Dit gee dié Fransman ’n siel.

Nou kan ons net hoop hy sluip nie weer soos ’n dief in die nag weg nie.

  • Albert se Rev Counter: ’n Very stylish, glidy, comfort­able 8 uit 10. As jy vir ’n alternatief soek ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters