4 dae gelede
‘Check my cool kar’
sound-off: Kyk maar na Soundmatch se awesome Opel Corsa Demo wat in die GrandWest parkinglot uitgestal is.Foto’s peter abrahams  ~ 

NEE, nie eens ’n paar druppels kon die mense keer nie.

Ek praat mos nou van die geharde petrolkoppe wat Dinsdag op die parkinglot daar by die GrandWest-casino opgedaag het vir die Soundmatch Park-off.

Dit was alles deel van ’n warm-up vir die awesome Cape Town Motor Show wat ook op 2 en 3 Maart 2019 na GrandWest toe kom en wat weer duisende petrolkoppe gaan trek.

En praat van mods!

Daar was ’n hele paar spesiale Opels, Hondas, Toyotas, Nissans en ander classics wat hulle bling en styles kom wys het.

En daar was tot ’n mini Limbo shootout om te kyk how low can your car go.

Maar ek gaan nie veel verder sê nie.

Laat die pics eerder maar die praatwerk doen. Enjoy!

insane: Jy kan heeltemal heavy gaan as jy wil.
kit: Die 1200 Nissan-bakkie van Leo September van Macassar. Check daai modded enjin.
modded: Imamodien Hamied met sy heavily modified Nissan Champ-bakkie.
jewel: Check dié 1968-model VW Variant uit van Jade Rhoda van Bonteheuwel.
drop it: Die special Toyota Conquest het ook aan die “Limbo How Low Can You Go” kompetisie deelgeneem.
NET REG: Lee Joubert van Eerste­­rivier met sy Honda Civic “back­yard perfection”.
noise: Dís waar die magic happen in die Civic.
looker: Dié heavily modded Honda Civic laat ook die koppe draai.
kom luister: Dít is wat daai Corsa Demo so spesiaal maak – en dít is hoekom die mense opgedaag het...
sound-off: Kyk maar na Soundmatch se awesome Opel Corsa Demo wat in die GrandWest parkinglot uitgestal is.Foto’s peter abrahams

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters