2 maande gelede
Bucking-hemel
Holy Buck! Die Bentley Bentayga V8 Diesel is groter as Buckingham Palace.  ~ 

KOM ek kry net die volgende uit die weg voor ek begin ...

Holy f*ck!!!

Yep, dis hoe jy voel wanneer jy eers die nuwe Bentley Bentayga in die vlees sien.

Dis soos ’n Britse kasteel. Maar nie sommer enige kasteel nie. Dis Buckingham Palace. (Van binne én buite).

Toe ek die eerste foto’s sien van dié SUV – Bentley se eerste in sy 100-jarige bestaan – het ek ’n WTF moment gehad. Wat het die arme Britte gedink?

Die ding is leliker as my eks-skoonma.

Maar toe stap ek en Mila rondom die ding en alles begin sin maak (moet my nie vra hoekom nie). Miskien is dit die classic Bentley touches soos die baie herkenbare (en reusagtige) Bentley honeycomb grill voor.

Of die ewe eiesoortige B in die tail lights. Of die sweeping lines na agter. Of dalk bloot die fabulous en opsigtelike weelde binne.

En dan skakel ’n mens daai 4 F V8-turbodiesel onder die reusagtige bonnet aan.

Ja, dis ’n diesel. Maar dit klink soos geen diesel wat ek al gehoor het nie.

Daar is geen clutter nie. Miskien het dit te doen met die absolute sound deadening technology wat Bentley gebruik om die insittendes te knus teen die realiteite van buite, soos bedelaars en ander plebs op die pad in hul crappy karre.

Krap

Terug by die enjin: Dis good to go vir 320 kW als goed en wel.

Maar dan is daar die ball shrinking 900 Nm torque wat jy tot jou beskikking het vanaf revs so laag as 1 000.

’n Mens trek dus baie, báie, BAIE stadig uit die parking space van die hotel uit. Want Buckingham Palace voel selfs groter van binne as van buite. En ék gaan nie die p**ph*l wees wat die ding krap nie.

En dan waft en glide jy in die normal setting deur die traffic op pad na die Swartland. En soos met Buckingham Palace het ander padgebruikers geweldige ontsag vir jou en maak pad.

Soos die PR gesê het: ’n Mens bestuur nie die Bentley nie. Dis eintlik ’n occasion.

En dan besluit Mila sy het nou genoeg gehad van al die waftiness en glidiness.

“Daar is after all ’n V8 hier, Pa, en die PR het gesê die ding kan 100 km/h in 4,8 sek. haal en die top end is 270 km/h.”

En met dié druk sy die Sport-knoppie op die central console diep in.

En dan “holy f*ck!!!” jy weer.

Want hoe de hel het hulle dit reggekry om ’n ding van amper 2,5 ton só te laat hanteer?

Jy sou dink ’n paleis sal waggel en kantel deur die twisties van Helshoogte of die Franschhoek-pas.

Glad nie. Die ride is so plat soos, dare I say it, ’n Porsche.

Die grip? Dit laat jou oë water. Mila kan getuig dat Pa by tye stil geraak het met sy oerangoetang-arms telkens in opposite lock en met ’n grynslag op sy bakkies. Die Houwhoek-pas sal nooit weer dieselfde wees nie, my kind ...

Die Bentley het gewys hoekom daar eens op ’n tyd ’n British Empire was, wat uit daai einste Buckingham Palace beheer is. Ja, dit kon waft en glide. Maar dit kon ook totaal brutaal wees teenoor die res van die wêreld. Die ystervuis in die fluweelhandskoen.

En in die kajuit is daar natuurlik kilometers en kilometers thread wat met die hand gestik is. En ’n hele kudde wat hul lewe opgeoffer het vir die akkers en akkers leer binne. Ook delikaat met die hand aanmekaargewerk, natuurlik. En ’n hele woud hardehout bome het geval in die diens van die handgemaakte premiumgehalte-houtpanele.

Presies: Bentley het ’n tradisie van skaamtelose weelde. Maar die tech in die Bentayga is ook uit die boonste rakke.
op spec: Agter kry enige royal passasiers elk hul eie screen.
Jolly good SPORT! Mila móés net ná so ’n paar minute die Sport-funksie aktiveer ...
Weelde: Akkers en akkers leer en woude hout is natuurlik ’n voorvereiste.
Holy Buck! Die Bentley Bentayga V8 Diesel is groter as Buckingham Palace.
Doen dit reg: Dié SUV werk. Miskien was dit die baie erkenbare Bentley honeycomb grill?Foto’s: mila/albert bakkes
Pure Bentley: Of miskien was dit die erkenbare B in die taillights?
reus: Die Bentley is ’n paleis op wiele.
brutal: Die Bentley het my eintlik gewys hoekom daar ’n British Empire was. Die V8 kon ook brutaal wees.

Daar is nog old school touches soos die brushed steel-pennetjies wat jy langs die air vents moet uittrek, ’n kenmerk van Bentley.

So ook die leerbedekte stuurwiel met die Bentley badge (meaty en direct steering beskryf dit nie voldoende nie).

Maar die tech is amper Germaans in sy akkuraatheid.

Kortom is dié Bentley soos die British Empire van ouds. Nie ’n kar nie, maar ’n force of nature ...

) Albert se Rev Counter: ’n Holy f*ck 15 uit 10.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters