2 maande gelede
Breakdown? Tree só op
do’s & don’ts: Maak seker jou ryding se hazards is aangeskakel, al het jy afgetrek.Foto: blueridgelife.com  ~ 

ONS was seker al almal daar: ’n Enjin wat besluit hy’s sat, ’n slaggat wat ons band moer toe maak of erger nog, ’n ongeluk ...

Daar is verskeie dinge wat kan maak dat ’n mens jou een of ander tyd langs die pad bevind.

Wynand van Vuuren van King Price Insurance sê ’n mens moet maar kalm bly in so ’n situasie.

Indien nie, is daar ’n groter kans dat jy moer toe gery kan word, al is jy ook langs die pad.

So, onthou die volgende stappe al is jy hóé gerattle ná die breakdown.

  • Maak seker jou hazards is aangeskakel, al het jy afgetrek.
  • As jy passasiers het, maak seker hulle klim vinnig en veilig uit en kom so ver weg van die traffic as moontlik.
  • Jy behoort reeds ’n reflective baadjie en driehoek in jou ryding te hê. Plaas die driehoek minstens 45 m agter die voertuig sodat ander motoriste jou kan raaksien. Onthou, hulle moet genoeg plek hê om te stop of uit te swaai.
  • Dan, as jy insurance het, kan jy die maatskappy bel vir road­side assistance.

Hier is ’n paar tips as die ergste gebeur en jy in ’n ongeluk is.

  • Neem soveel moontlik selfoonfoto’s van die toneel en die betrokke voertuie, veral die nommerplaat en posisie van elke voertuig.
  • Vind soveel moontlik uit oor al die mense wat betrokke is, veral die bestuurder(s) se naam ID-nommer, kontakdetails, rybewys en versekeraar se besonderhede.
  • Wat jy nié moet doen nie, is om voor aankomende verkeer in te spring en iemand vir hulp te probeer flag.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters