17 dae gelede
Breakdown in die winter is aaklig
tip-top: Tyres is van die belangrikste goed wat jy moet check in die nat wintertoestande.Foto: carbuyer.co.uk  ~ 

EK HET nou die dag in gietende reën gery en nie geweet waaroor om te skryf nie.

Ek was sopnat toe ek inklok, maar gelukkig was daar ’n nuttige email van Datsun.

Dit handel oor hoe ’n mens jou kar moet prep vir die winter, en dit bied my toe ’n onderwerp.

Kom ons begin by die goed wat jou op die pad hou: die tyres.

As jy met gladde tyres in reën of op ys ry, soek jy om op jou moer te kry.

So, maak doodseker daai tyres se treads én dié van die spaarwiel voldoen aan die vereistes. (Jy wil tog sekerlik nie dood wees nie.)

Die algemene vereiste is dat ’n mêtjie se kop in die treads moet verdwyn.

Gepomp

Die treads het ’n baie belangrike funksie, en dis om water van die tyre se loopvlak te versprei.

En check ook maar dat die tyres tot die vereiste druk gepomp is.

As dit te pap of te hard is, raak dit die tyres­ se grip op die pad.

En laat die wheel alignment en bal­ancing, insluitend dié van die spaarwiel, ook gecheck word.

Maak seker die jack en ander noodsaaklike tools is in die kar.

Check die kar se ligte, want jy het dit nie net in die donker nodig nie, maar ook wanneer die son laag is (sonop en sononder) en in reën, mis, ryp en sneeu.

Jy kan dié tyd van die jaar eintlik sommer heeltyd met die ligte aangeskakel ry.

Check die wipers, en as hulle vodde is, moenie wag tot net voor die volgende neerslae (reën, sneeu, ens.) om hulle te vervang nie.

Check dat die heater werk, nie net om jou warm te hou nie, maar ook om ryp op die vensters te laat smelt.

Maak seker jy het ’n first aid kit, en dié tyd van die jaar behoort dit ook ’n flits en kombers in te sluit.

’n Graaf en sak sand is ook nuttig om jou uit ys of sneeu te bevry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters