21 dae gelede
BMW Z4 mik hoër
BMW Z4
BRUIKBAAR: Onder die enorme clamshell bonnet skuil 'n 2-liter turbo petrol unit.  ~ 

ONTMOET die brand spanking new BMW Z4 Roadster.

Ja, ja, ek weet dis net die sDrive20i met sy 2-liter 4-silinder turbo petrol unit onder daai tamaai clamshell bonnet, en nie die M40i top dog waaroor almal so rave nie.

Terloops, met die top-dog model het die Duitsers saam met die Japannese gewerk. Die uiteinde daarvan was die geboorte van die Toyota Supra, wat – lyk my – reeds ’n legend in sy eie leeftyd geword het, kort ná vanjaar se launch.

Ek sal nog albei bestuur, maar vir nou eers terug na die kleiner boetie.

Iemand het my in die sosiale media gevra of dit hoegenaamd die moeite werd is om dié een te toets. En ál wat ek kan sê, is: Ek is só bly ek het weggespring met die sDrive20i.

Want ek het niks verwag nadat ek net journos hoor rave het oor die groter boetie nie.

En toe klim ek in en kry weer ’n pad-na-Damaskus moment.

Want, Boet, die ding het sy merits. En sommer hope daarvan.

Eerstens is dit heel leefbaar in Comfort, met die top down in spitsverkeer. No mess, no fuss.

Die 2-liter unit is good to go vir 145 kW krag en 320 Nm torque, met ’n real world dash time van 6,6 sekondes en ek dink ’n top end van rondom 240 km/h.

Wat meer wil jy hê?

En dan vat jy die top down Z4 na jou secret testing grounds met sy beautiful twisties en sweepers.

Skip die Sport setting en sit hom in Sport Plus. Floor die loud pedal tot in die mat en speel met die shifters wat aan daai silky smooth

Steptronic 8-speed box gekoppel is. Holy !@#$%^! As jy hom hard genoeg druk, burp daai twin tail­pipes behoorlik op die overrun.

Maar daar was nie een oomblik dat ek gevoel het my broek is aan die brand en ek gaan nou in ’n fireball die hiernamaals in nie.

Dis net ’n smooth, maar haastige attack mode­ sonder enige fuss, maar met baie fun.

Miskien het dit te make met die classic front-engine rear-wheel drive BMW setup. Of die designers wat dit reggekry het om ’n perfect 50/50 weight distribution te vervolmaak. Of die absolute low centre of gravity, wat terloops my lang lyf laat lyk het soos ’n dronk kameelperd wat val elke keer wanneer ek ingeklim het.

Die vorige BMW was ’n bit of a dog, wat glad nie geweet het wat hy wou wees nie.

Racer, grand tourer, roadster, nie ’n !@#$%^ clue nie.

Wonderwerk

Die nuwe-generasie-model weet dat hy jou in luxury moet hul (die cabin is ’n belewenis met M bucket seats oorgetrek in cream-coloured leather).

Daar is ook die digital dial display voor jou agter die stuur en die BMW Live Cockpit Professional system met sat nav/infotainment en ConnectedDrive services met sy eie hoogs intuitive touch screen.

En jy gaan nie eens na die Harman Kardon sound system deur die twisties luister nie (maar miskien wel in die verkeer). Ag, en dan is daar die beautiful silwer trim orals, en selfs mood lighting.

Die canvas top is ’n wonderwerk, want hy vou in minder as 10 sekondes op agter jou bruikbare boot wat 281 liter kan sluk sonder om daai liters te sny.

En jy kan dit op- of afslaan tot en met 50 km/h.

Maar die nuwe Z weet ook hy moet jou thrill sonder dat jy dink jy gaan nou vrek.

Ek meen, kyk net daai beautiful design language. Uiters brutaal, maar ook baie elegant. Ek het sommer vreeslike jaloerse looks gekry, maar ook steelse kykies van veral die yummy mammies.

In kort was ek verstom oor die balans van alles aan en in dié roadster.

En as jy my nou ’n hairdresser wil noem soos in die vorige een, dan is ek met trots ’n hairdresser, darling ...

Albert se Rev Counter: ’n Nuanced, balanced 9 uit 10.

En ek is nie eens ’n badge fan nie ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters