23 dae gelede
BMW vat raak met sy rex
IETS ANDERS: Die “nuwe” BMW i3. Weirdness personified. Love it.  ~ Albert Bakkes

EK HET dié weird klein UFO aan die einde van laas jaar bestuur. Of is dit nou gepilot?

Ek is steeds nie oor dié nogal eccentric (en nogal electric) karretjie nie.

Want die BMW i3 eDrive REx het nie net ’n weird naam nie.

Dis net in die algemeen te weird, te left field, miskien net te out there (soos ’n UFO).

Maar dít was in normale tye.

Nou, in hierdie amper unbelievable tye, is dit miskien die tyd om oor so ’n buitengewone, amper unbelievable dingetjie te skryf.

Behalwe dat dit ’n elektriese hybrid is, check die weird regop design language op die maer Marie biscuit-wieletjies van 20 duim.

Nie veel het verander in die design lan­guage sedert ek dié EV doer ver in 2015 ontmoet het nie. ’n Paar goed is getweak, maar die ding lyk binne en buite omtrent nog dieselfde.

En ek is grootliks bly, want die ou uitpeulogies van ’n fonteinpaddatjie, die ingeskopte gatjie, die tippy-toe stance, die agterste deure wat suicidally “verkeerd om” oopmaak en die growwe, tactile feel van die panele in die kajuit (gemaak van recycled materiale soos drift­wood, bid jou aan), het vir my met die eerste ontmoeting ewe hard weirdness én cuteness geskree. I fell in love?

Want behalwe dat hy soos ’n UFO lyk, hoe verduidelik jy die ding se party trick?

Klim in (nadat jy sy gat by die muur ingeplug het vir ’n charge). Switch hom aan deur hom met ’n lever in “Drive” te sit. Sit vir ’n oomblik stil, want jy wonder of hy wel aan is. Nie ’n geluid nie, want daar is nie die gerammel van Trek dan geluidloos weg.

WTF? Die dingetjie lyk nog steeds vir my soos ’n UFO wat geland het.

Omdat daar nie ’n gearbox van ’n dag oud is nie, mash jy die “loud pedal” (’n moerse misnomer in dié kar) in die mat in. En dan peul jou oë uit, want die een oomblik is jy hier en die volgende oomblik, wel, dáár. Ek dink hulle praat van ’n dashtime van 7.iets sekondes? Alles sonder ’n geluid, behalwe vir die Marie biscuits se geruis op die teer wanneer ál die krag na die agterwiele gaan.

As jy versigtig ry, spring jy weg met ’n range van sê maar 139 km. Maar dan kom jy by die werk aan (ah, the good old days!) met ’n range van 152 km. Seriously, WTF?!

Dit hang alles van die “brieke” af. Elke keer as jy jou voet van die pedal afhaal, “briek” die kar self. Minder so in Comfort; in Eco Pro of Eco Pro+ meer. Al daai wrywing (ook as jy werklik briek) is kinetiese energie wat net so in die high capacity-battery ingaan.

Anders as in die vorige UFO het die nuwe een twee nuwe wapens in sy arsenaal van weirdness.

UITERS COOL: Die cabin is ook futuristies, soos ’n properse UFO.

Eerstens het die battery in die nuwe i3 ’n groter kapasiteit. As ek reg onthou, het die oue max 140 km op ’n charge geloop. Die nuwe battery lewer iets in die omgewing van 260 km. So, jou i3 het nou ook nie elke nag ’n charge nodig nie.

En dan is daar die piepklein 2-pot enjin. Maar dis nie jou traditionele enjin nie.

Nee, dit gaan hier net oor die battery.

Aggressief

As jy amper uit juice is, hoor jy so ’n fyn whine soos die “enjin” opspool om dan as opwekker te dien om die battery te charge.

Jy kan ook gewone unleaded in ’n ewe piepklein tenk vir die generator gooi.

Terloops, dis waar sy weird naam, REx, vandaan kom – Range Extender.

Maar moenie ’n T-Rex verwag nie. Behalwe dat die karretjie omtrent so aggressief soos ’n marshmallow is, is hy so ver van ’n dinosourus verwyder soos ... wel, ’n otherworldly UFO.

Albert se Rev Counter: ’n Oddball, lovable, stupidly brilliant 9 uit 10.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters