2 maande gelede
KYK: Nuwe 3 'n wenner

MOET ek nóú al om verskoning vra, of eerder dieper in die storie in?

Want ek moes eintlik oor die beautiful nuwe Honda Civic geskryf het.

Maar nou, wel, nou skryf ek oor ’n BMW. En ek is mos nie werklik ’n badge fan nie ...

En dis ’n diesel. En julle weet hoe ek oor ’n diesel voel in ’n sedan. Want dis all fine and well in ’n bakkie. Maar in ’n lux sedan?

En dan is dit die oorspronk­like rep mobile.

Dis after all ’n 3 Series.

Ontmoet die splinternuwe 2019-BMW 320d.

Dié Duitse company het onlangs net die diesel en sy 330i-petrolboetie in die line-up bekend gestel.

Albei gebruik ’n viersilinder- tweeliter-turbo-enjin (natuurlik diesel en petrol), gekoppel aan ’n ag-spoed autobox.

Die ander derivatives kom later die jaar en volgende jaar.

Anyway, terug by die 320d.

En hier moet ek mea culpa vra, my hoed opvreet en op my eie swaard val.

Want !@#$%^, die nuwe 3 Series het in alle opsigte (behalwe een faktor) my panty gedrop en my sokkies af­geblaas.

Ek meen, kyk daai dramatic design language met die tamaai kidney grill, die raking lines na agter en die heeltemal redesigned LED-gatligte.

Terloops, in vergeleke met die vorige gen wat in Rosslyn duskant Pretoria vervaardig is, word hierdie ou heeltemal van Bavaria ingevoer.

Is dit die rede hoekom die tactile feel (binne en buite) so verstommend goed is? Vra maar net ...

Anyway, die power plant is good to go vir 140 kW krag en 400 Nm torque vir lekker low-down grunt.

En daarom sprint hy gou tot by 100 km/h in net 6.8 sekondes en raak sy go eers uit anderkant 200 km/h.

In stop/start traffic kon ek hom nie werklik toets nie, want jy staan eerder stil as wat jy beweeg.

So, toe besluit ek maar om die Beemer deur sy passies te vat op pad Franschhoek toe.

En dit sluit natuurlik die Helshoogtepas in.

En oh dear looooooooooord! Het die kar my alle persepsies oor die brand laat rethink?

Ja, BMW maak daarop aanspraak dat sy produkte ware driver’s cars is. En dié een het daai classic front engined rear wheel drive setup wat die 3 Series nog altyd so fun gemaak het om te bestuur.

Maar anders as die vorige gen voel hierdie een baie meer refined. Nie meer so ’n bietjie van ’n hooligan nie.

En raai wat? Die all grown up vibe vat glad nie van die fun weg nie. Dit was net ’n kwessie van point and squirt steering met daai meaty steering wheel en die kar is daar.

Die Beemer was só respon­sive, selfs my ma (83) het hier van agter kommentaar daarop gelewer. (Natuurlik met die Sport setting activated ...)

En as gevolg van die super flat ride quality, danksy die M-package in die toetskar, het my ma en my broer nie een keer kat geskiet weens car sickness nie.

My ma was onverstoorbaar.

Die clutter in die central mount waar die dial sit waarmee jy die satnav/infotainment/connectivity/car setup combo se screen op die centre dash navigate, is nou baie eenvoudiger en verstaanbaarder. Die pistol grip shifter is ook verander en korter gemaak.

Vervang

Terloops, al het jy steering wheel mounted shifters tot jou beskikking, los jy dit naderhand heeltemal uit, want die box is só slim, jy laat dit maar in sy hande oor.

Die analog dials agter die stuur is ook heeltemal vervang met ’n digital display met die rev counter nou regs wat antikloksgewys display.

Daar is ook ’n indrukwekkende HUD display wat op die voorruit display en wat vir jou allerhande info voer.

En gepraat van tech: Behalwe vir die usual cruise control en smartphone-antwoordknoppies, activate jy ook nou ’n Siri van jou eie en kan jy die kar allerhande vrae vra soos time to destination en dan antwoord sy jou terug.

Ek het my gat nogal die eerste keer los geskrik toe dit gebeur het.

Die enigste ding wat gepla het, was die nanny functions wat jou letterlik in jou laan via die stuurwiel teruggetrek het as jy sonder die indicator oor ’n baanstreep sou gaan.

Maar gelukkig kon jy daai functions almal deactivate met die druk van ’n knoppie (vir drie sekondes, dankie).

  • Albert se Rev Counter: ’n Definitief-nie-meer-net-nóg-’n-rep-mobile-nie 9 uit 10.

Benchmark in terme van tech en driver dynamics?

Werklikwaar ’n contender vir die titel ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters