3 maande gelede
Baie lawaai lê nog voor
WROEM! Verwag volgende Saterdag sommer hope close­ racing op Killarney, want daar is sóveel inskrywings. FOTO’S verskaf  ~ 

JA, DIÉ week was maar ’n tragiese een vir ons petrolkoppe.

Dis omdat brandstofpryse weer so gestyg het dat dit die hol uit ’n mens se beursie ruk.

Nou, ’n vroeë heads-up ...

Wil jy volgende Saterdag sien hoe ander mense honderde liters daarvan uitjaag?

Ja, ek praat nou natuurlik van die baie suksesvolle Power Series op ons heiligdom, die Killarney International Raceway.

Inskrywings

Terloops, dis sommer al die derde ronde van die reeks.

Iemand het my gesê die Clubman Cham­pionship en GTI Challenge trek al by meer as 30 inskrywings.

Onthou, dis amper meer as twee keer die getal karre op die gemiddelde Formule 1 grid.

So, jy aanskou daai naweek dalk sommer ’n nuwe soort kontaksport vir karre.

Dit is omdat so baie van die jaers op die baan warm-onner-die-kraag-racers is.

Ek moenie nou die two-wheelers vergeet nie.

En hier praat ons van goed soos die Suzuki superbikes wat maklik 280 km/h slaan, en die Clubmans en Power Sports.

In dié kategorieë verloop sake so vinnig dat tot photo finishes bestudeer moet word om te bepaal wie nou eintlik gewen het.

En as jy eers die gebrul gehoor het van die V8’s van die Masters’ racers, dan sal jy terugkom vir nóg.

Dan is daar ook die one-make supercars en spesialis-sportjaers.

En kom kyk ook uit vir van die elegantste karre wat ooit vir racing gemaak is in die GT Cars-kategorie.

Dan is daar ook die Fine Cars- en Classic Cars-kategorie vir diegene wat hou van karre waarvan hulle gedroom het toe hulle so ’n bietjie jonger was.

Gepraat van geskiedkundigheid: Daar is die Formula Libre-klas single-seater racing waar jy kan sien hoe Formula 1 nou eintlik was met daai wheel-to-wheel en overlapping racing.

Kiddies

Die eerste warm-up begin al 08:00. So, dít is hoekom ek jou ’n vroeë heads-up gee.

Die laaste race begin omstreeks 17:30.

En so tussen ál die aksie deur is daar pedal karts en jungle gyms vir die kiddies.

En vir diegene met pap babatjies is daar ’n nuwe nursery met yskaste om die dingetjie se kos en juicies koud te hou.

Mammies kan tot ’n nappy change doen of borsvoed.

Vir pa is daar natuurlik die Pub & Grill Clubhouse en die New Pits Lounge.

Toegang kos pa en ma R80 elk, en R20 elk vir Jantjie en Sara as hulle onder 16 is.

Toegang vir kiddies onder 12 is gratis.

Sien jou daar!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters