Verlede maand
Aygo laat my toe nie sê: ‘Ai!’
sielvol: Die Toyota Aygo is ’n gutsy klein dingetjie. Foto’s: albert bakkes  ~ 

SOOS julle al teen dié tyd weet, het ek nie soos die res van die land ’n love affair met dié brand nie.

Ek sien eerder Toyotas oor die algemeen as tools om van punt A na punt B te kom. Die default Defy van die karwêreld.

So, behalwe die Toyota 86, pomp my hart nou nie eintlik custard elke keer as ek die sleutel draai nie.

Maar nou staan ek hier voor julle, reg om my hoed op te vreet en mea culpa te vra.

Want toe ontmoet ek die piepklein Aygo.

Toe ek gehoor het ek kry hom, het my balls so ’n bietjie in my skoene in­gesak.

Want ek het ’n uiters dreary week verwag. Ek het natuurlik gaan lees en gesien die ding het ’n enjin wat my ma se Singer-naaimasjien laat sterk lyk.

’n Piepklein 1-liter-3-pot-in­line petrol unit, good to go vir ’n feeble 53 kW krag en 93 Nm torque­.

En dan was daar die “primitive” suspension setup met ’n MacPherson strut voor en ’n tor­sion beam agter.

So, ek het maar ’n onega­lige, growwe ride gevoel.

En toe klim ek in. En die cloth covers en harde plastiek orals het nie “teleurgestel” nie.

Cheap and nasty?

En toe skakel ek aan en trek weg. En die 3-pot is grof en jy moet maar daai vyfspoed-manual maal om êrens te kom.

Maar toe val die skille van my oë af en daai “op pad na Damaskus”-oomblik tref my weer – want die Aygo is eintlik ’n hoot om te bestuur.

Miskien juis oor daai gruff klein enjintjie en juis miskien omdat jy nogal moet werk vir jou resultate met die manual shifter­.

Miskien is dit ook die feit dat jy nie eintlik in die kar klim nie. Jy trek hom eintlik aan soos jou favourite gemaklike jacket. Want hy is after all maar net onder 3,5 meter lank, net meer as 1,6 meter breed en net ’n bietjie onder 1,5 meter hoog.

Yep, daar is reuse-foute. Die boot is ’n grap (sluk net 168 liter) en die dash time is 13.something sekondes, met ’n top end van net 160 km/h.

Maar dit maak nie saak nie.

Want ek het weer op ’n rare spesie afgekom. Die dingetjies wat ek die sit up and beg-brakkies noem.

Geloer

Daai worshondbrak van my wat vir my by die voordeur wag, wat so bietjies-bietjies op die mat pis van opgewondenheid, want sy en Pa gaan nou stap.

Elke keer as ek na die Aygo gestap het, het dit kompleet gevoel asof daai oversized hondeleepogies voor vir my geloer het met ’n “kom ons gaan ry, Pa! Kom ons gaan ry!”.

En dan bou jy ’n sweet op soos jy maal. En dan voel 70 soos 170 km/h.

kom, pa! Die hondeleep­ogies het my elke keer gesmeek om te gaan ry.
klein: Die dimensies van die Aygo is so nie groot nie.
city slicker: Die Aygo is by uitstek ’n stads­karretjie.
old school cool: Vergeet maar die lightsabre-ligte. Die karretjie is “ouskool”.
lux: Daar is ’n hele paar nice-to-haves, soos daai touchscreen in die kajuit.
kom sit: En daar is wraggies spasie agter vir passasiers.
useless: Die boot is maar ’n grap.

En 120 soos warp speed.

Die dingetjie sit ’n smile op jou dial.

Want soos alle opregte sit up and beg-brakkies het die Aygo ’n siel.

En soos julle nóú al weet, is dit die grootste kompliment wat ek ’n kar kan gee.

’n Toyota ingesluit.

  • Albert se Rev Counter: ’n Uitbundige, sielvolle 8 uit 10.

Dammit! Ek gaan die dingetjie mis ...

PS: My dogter, Mila, wat nogal ’n kar-fan is, maar wat ook nie van Toyotas hou nie, wil dit haar eerste kar maak ...

En vir ’n fraks oor R170 000 dink ek ons kan dit so maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters