Verlede maand
Audi RS5 nes ’n blits
beast: Dit het voortdurend gevoel asof ek die Audi RS5 terughou soos om ’n wilde kat in ’n hokkie te probeer aanhou.FOTO’S verskaf  ~ 

AUDI se 2018-model RS5 Coupé is nie die soort kar wat jy koop as jy nie van aandag hou nie.

Sodra jy hom start, trek jy aandag, want hy grom as jy aan hom raak. Dié kar is baie moody en emosioneel.

Dit het heeltyd gevoel asof ek die Audi RS5 terughou soos om ’n wilde kat in ’n hokkie te probeer aanhou.

My tydjie met die RS5 was moeilik, maar moerse exciting. Ander is geneig om Audi se RS-modelle uit te maak as klinies en neutraal gemeet met BMW se M4 of Mercedes se AMG-weergawes van die C-Class Coupé.

Hulle vergeet egter Audi Sport het die laaste dekades meer ren-titels as BMW en Mercedes-Benz ingepalm. Die punt is dat krag sonder beheer dalk meer exciting is, maar dit wen nie wedrenne nie.

Amper enigeen met ’n lisensie kan ’n Audi RS5 bitter vinnig om ’n renbaan stuur...

Audi se nuwe RS5 het die ou 4.2F V8 van die hand gewys en spog nou met ’n 2.9F twin turbo V6 wat nes die vorige V8 331 kW krag uitskop, veral na die agterwiele omdat die Quattro se viertrekstelsel opgestel is om meestal meer krag na agter te stuur.

Toegerus

Dan stoot daai 2.9F V6 met die twee turbo’s ook ’n ongekende 600 Nm torque na ál vier 20 duim-wiele deur ’n nuwe outomatiese agtspoedratkas, wat letterlik jou wêreld probeer regruk met elke rat wat hy skuif om jou van 0 tot 100 km/h te forseer in ’n emosionele 3,9 sekondes.

Teen R1,3 miljoen kan jy hom nie as goedkoop beskryf nie. Hy’s wel beter toegerus as enige BMW of Mercedes-Benz teen dieselfde prys.

Elke denkbare luxury feature is ingegooi. Dit beteken jy kry ’n luxury GT sowel as ’n high performance renmotor vir dieselfde geld.

Die elektriese seats kan jou gat warm en koud blaas, jou rug massage terwyl jy musiek luister oor ’n larney Bang & Olufsen-klankstelsel.

Die topspoed is ’n onwettige 280 km/h en sy krag-tot-massa-verhouding is ’n fabelagtige 200 kW per ton.

Daai V6 se gilgrom is verslawend en dan is dié een besonder lig op petrol – onder ’n ligte voet gebruik hy minder as 9F petrol/100 km. Dis vreeslik impressive!

Die interior is belaai met inligtingskerms. Die instrumentpaneel is ook ’n TFT-skerm wat jy kan modify om net te wys wat jy wil sien.

Druk iewers ’n simkaart in en die RS5 word jou en jou passasiers se persoonlike WiFi hotspot. Google Earth verskaf dan die GPS navigation met real-time satellietbeelde.

slim: Druk iewers ’n simkaart in en die Audi RS5 word jou eie persoonlike WiFi hotspot. Google Earth verskaf die GPS navigation met real-time satellietbeelde.
beast: Dit het voortdurend gevoel asof ek die Audi RS5 terughou soos om ’n wilde kat in ’n hokkie te probeer aanhou.FOTO’S verskaf
howler: Die RS5 is ongeskik vinnig en ek het nog altyd ‘n swak plekkie gehad vir ‘n V6.

Dit lyk soos Star Trek agter die stuur. Om als te kroon word kritieke info soos spoed en revs voor jou op die windscreen geprojekteer.

Ja, ’n heads-up display op die windscreen reg voor jou sodat jy jou oë op die pad kan hou.

Teen R1,3 miljoen is die Audi RS5 amper R200 000 goedkoper as die gelykstaande M4 of R100 000 minder as die C63. Uitstekende waarde!

Hy’s boonop vinniger uit die blokke as albei.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters