Verlede jaar
AMG verstom met dié MONSTERS
insane: Ontmoet die Merc CLC 63 S en die CLC 63S Coupe. AMG se loony gawe aan die mensdom. Foto:quickpic.co.za  ~ 
loony tunes: AMG vat ’n donnerse SUV en maak van hom ’n cartoon character.
insane: Ontmoet die Merc CLC 63 S en die CLC 63S Coupe. AMG se loony gawe aan die mensdom. Foto:quickpic.co.za

VAT ’n statige en prestige brand.

Sit ’n tikkie malligheid by. En dan kom jy by Ach Mein Gott. Ofte wel, die AMG division van Mercedes-Benz waar almal, lyk my, drugs gebruik.

Want as jy eers een van hierdie monsters bestuur het, sal jy weet, hierdie mense is glad nie normaal nie.

Back in the day (1999 om presies te wees) het die ML 55 mos geskiedenis gemaak.

Want toe reeds het hulle ’n SUV van alle dinge gevat en hom heeltemal batshit insane gemaak deur hom sportmotor characteristics te gee.

And it all went downhill from there, of uphill, afhangend vanuit watter oogpunt jy na die hele spulletjie kyk.

Want nou het AMG ook die CLC 63 4Matic+ en die CLC 63 4Matic+ Coupe (albei cross-dress­ers) gevat en die agtsilinder-biturbo-enjins loony gemaak.

So loony dat die AMG 4.0 liter-V8-enjin nou 350 kW of 375 kW krag gee en óf 650 Nm óf 700 Nm torque uitskop, depending on the state of tune.

Ecstasy

En dan sit jy met die GLC 63 S en die GLC 63 S Coupe.

Koppel dit aan die AMG Speedshift MCT 9-spoed transmission, ’n dashtime van onder 5 sekondes, ’n top end van 250 km/h (limited) en jy sit miskien met ’n recipe vir disaster. Of miskien ecstasy?

Want dan moer hulle ook die 4Matic+ all wheel drive in die mix in en dial vir “Comfort”, “Individual”, “Sport” en die completely insane “Sport Plus”.

Van laasgenoemde moet jy liefs wegbly, trust my.

Ek lees die waens het ook ’n addisionele “RACE”- program waarmee jy dan gaan waar die engeltjies nie eens wil gaan nie.

O, voordat ek vergeet, die hele suspension setup is ook stywer gemaak. Wat jy nie uit die oog moet verloor nie, dis SUV’s, hierdie. SUV’s is lomp, groot en hanteer gewoonlik soos ’n olifant.

Maar Mercedes het lyk my die rule book by die venster uitgegooi.

En hierdie monsters op ons losgelaat.

Terloops, self kan ek nou nie wag nie. Cartoonishly stupid en sinnelose karre het nog altyd vir my sin gemaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters