Verlede jaar
AMG-monsters kom al ’n baie lang pad
frankenstein? Die nuwe generasie AMG-monsters. Foto’s: quickpic.co.za  ~ 
frankenstein? Die nuwe generasie AMG-monsters. Foto’s: quickpic.co.za
oupagrootjie: En die oorspronklike Mercs wat die two man show in AMG-monsters verander het.

DIE amptelike ding waarvoor die badge AMG staan, is mos Aufrecht Melcher Grossaspach.

Maar ek en jy weet dit staan eintlik vir AAAAAAAACH MEIN GOTT!

Want dis die ding wat ek elke keer uitroep as ek die loud pedal intrap in een van die monsters wat deur die batshit insane witjasse daar in Affalterbach geskep is uit gewone Mercedes’e.

En AMG is sedert 2005 mos ’n volwaardige division van Merc.

En happy happy, want AMG is nou 50 jaar oud!

Hulle het as ’n onafhanklike tweeman- (Hans-Werner Aufrecht en Erhard Melcher) concern begin wat (meestal) Mercs gevat het. En dan loony gemaak het.

Kom ons kyk so ’n bietjie na ’n paar suksesse van hierdie verstommende tuning house.

AMG is in 1967 in Burgstall gestig as ’n engineering office om enjins te design, te toets en te ontwikkel met die oog op racing.

In 1971 het die firma oornag beroemd geword toe ’n AMG 300 SEL sy klas wen in die Spa-Francorchamps 24-uur-ren. Die firma skuif toe in 1976 na Affalterbach toe en begin ook in­house design van karre.

Van 1984 ontwikkel hy ’n heel nuwe cylinder head wat van 1986 af in die AMG S-Class gebruik word en later in die mid-size (W124) saloon ingesit is.

Good to go vir 265kW. Verstommend vir daai jare en die enjin is nie verniet The Hammer genoem nie.

In 1993 word die C 36 AMG gebore en is ’n topseller. Dis die eerste safety-kar vir die 1996 Formula 1 series.

In 2001 is die 5-spoed auto box in die C32 AMG gepaar met ’n 3.2-liter supercharged V6 en jy kon hom manually looi.

In 2005 neem Merc heeltemal oor.

In 2009 is die SLS AMG die eerste monster wat heeltemal inhouse ge-design, ontwikkel en gebou is.

AMG klim toe in motorsport in met die SLS AMG GT3 in 2011.

Die AMG GT3 was die tweede sportmotor wat inhouse ontwikkel word in 2014. En nou is daar 43 AMG-monsters om van te kies.

Daar is amper 100 000 modelle tot op hede afgelewer.

Verstommend as jy dink hulle bou omtrent alles, veral die enjins, met die hand.

Kom ons bid vir minstens nog 50 jaar!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters