3 maande gelede
AMG C 43 laat hare regop staan
balance: Die Mercedes-AMG C 43 Cabriolet het die perfekte balans vir ’n cabrio gekry.Foto’s albert bakkes  ~ 

EK SOU hierdie week oor ’n heeltemal ander gedierte geskryf het (die Hyundai H1 Bus).

Maar toe lees ek die updated Mercedes-Benz C-Class is dié week gelaunch, asook onder meer die Mercedes-AMG C 43 Cabriolet.

En ek het die huidige een mos onlangs bestuur en wou darem nie heeltemal te stadig uit die blokke wees nie.

Maar weet jy hoe f*kk*n moeilik dit is om oor ’n desirable cabrio te skryf wat basies perfek is vir sy doel?

Ja, ek kan redes soek om die ding af te skiet. Soos dat hy, wel, ’n ragtop is. En lapdakke werk eenvoudig nie in die Kaap nie.

As die suidooster nie jou toupee afwaai nie, reën dit. Of as dit nie reën nie, brand die son jou bles moer toe.

So, basies het jy 2 dae uit 365 met die perfekte toestande om die dak af te slaan om te cruise met die lolly op die arm.

Tweedens kan ek sê die C 43 is nie eintlik die AMG badge werd nie.

Dis mos net ’n 3 liter, V6-biturbo onder die bonnet en nie ’n monster V8, soos sy groter boeties nie.

Maar dan trip jy jouself op. As jy daai twee dae in die jaar met die dak af wil bestuur, druk jy die knoppie in die central console en dit drop binne 20 sekondes.

En dan drop jy nie die dak in die boot nie, maar in ’n gleuf agter die twee agterste seats. So, jy sit ook met ’n baie praktiese boot.

Met die dak af is daar verstommend min van daai horrible shuttle shake wat die driving experience in so baie cabrios lelik *pf*k.

En met die dak op of af, behou die kar sy design language. Dit bly mooi van alle angles.

Skrik

Baie cabrios lyk ongelukkig vrek ongebalanseerd in een van die twee states. So vir die res van die 365 dae sal jy steeds elegant lyk met die dak op.

Dan vir die enjin: Daai V6 is good to go vir 270 kW krag en 250 Nm torque.

In die regte wêreld gee dit jou ’n dash time wat alle hot hatches en selfs ander­ sportkarre kan laat skrik. Hoe klink net 4,8 sekondes vir jou?

Oukei, dit is dus ’n ware AMG dié, waardig om die badge te dra.

Die klank deur daai quad pipes agter is ook nie te versmaai nie. Waar die V8 brul soos ’n T-Rex, skreeu dié enjin vir jou soos ’n pak jagtende Velociraptors.

current class: Hulle sê die updated C-Class, wat dié week gelaunch is, het ’n nuwe neus. Wat’s fout met dié een?
balance: Die Mercedes-AMG C 43 Cabriolet het die perfekte balans vir ’n cabrio gekry.Foto’s albert bakkes
balans: Party cabrios lyk ongebalanseerd met of die dak op, of die dak af. Nie die C43 nie.
alle angles: Vanuit enige hoek is die C 43 striking.
maak sin: Die lapdak drop in 20 sekondes in ’n gleuf agter die agtersitplekke.
niche: Elkeen het wel sy plek.
the one: Maar ek sal nog steeds die meer striking cabrio kies.
Sibbe: Kyk die balans tussen die twee C 43-boeties. Een is ’n cabrio en die ander sy coupé-boetie.
luxury: Natuurlik is die afwerking verstommend AMG-goed.
spasie: Die seats agter is heel bruikbaar, anders as met soveel ander cabrios.

Dit laat die hare op jou nek regop staan. Dis veral as jy na die Sport (of Sport+ as jy die balls het) gescroll het op die menu. Dit drop die suspension en maak dit ook stywer, as jy dit verkies.

En die seats agter? In baie gevalle is dit garnish/ornaments om die prentjie te voltooi van ’n cabrio, en moet jy jou kinders eers oor landmyne laat loop om hulle te maak pas.

In dié kar is dit heeltemal bruikbaar, en tot hierdie sesvoet-takhaar kon (met so ’n bietjie moeite, ja) inpas.

En dan is daar die exqui­site Merc AMG-afwerking binne, met al die tech en selfs mood lighting wat jy na jou fav colour kan stel.

So, sien jy hoe moeilik dit is om fout te vind?

Die “nuwe” AMG C 43 moet f*kk*n special wees om die huidige een te oortref.

  • Albert se Rev Counter: 9 uit 10. ’n Stunning interpretasie van wat ’n cabrio moet wees.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters