2 maande gelede
Active is ’n dors stadskar
LANGTERMYNER: Die Hyundai i20 Active ry ek nou al ’n paar weke lank. En hy stel nie teleur nie.Foto’s: ALBERT BAKKES  ~ 
hoog? Die Active het ’n ground clearance van 170 mm vir daai crossdresser feel..
butch? Moenie dat die plastic add ons jou flous nie. Dis ’n stadskar die.
LANGTERMYNER: Die Hyundai i20 Active ry ek nou al ’n paar weke lank. En hy stel nie teleur nie.Foto’s: ALBERT BAKKES
STêRE: Party mense sal die agterent ’n bietjie weird vind. Fine by me.
BLINK: En hy ry op 16-duimers met bling rims.
usefull: Daar is ’n bruikbare boot.
aggro: Let op die LED daytime running lights.
FLINK: Die sespoed-handratte is lekker snappy.
NIFTY: Hy het sy eie touchscreen wat jy kan mirror met ’n slimfoon.
KONTRASTE: Die trim laat hom butch lyk.

JA, EK weet ek het laas jaar al oor die Hyundai i20 Active geskryf.

Maar daar is ’n groot verskil tussen ’n week se ryery met ’n toetskar waarna jy ’n mening oor die ding probeer vorm en daaroor skryf, en ’n kar waarmee jy vir ’n langer termyn (soos ’n hele paar weke) saamleef.

Dis so amper asof dit jou eie kar is wat jy vol brandstof moet maak en ook die olie en water moet nagaan.

Maar eerstens kyk ons na die koue feite en syfers.

Daar is die 1.4F D-CVVT fuel-injected petrolenjin onder die bonnet. Dit is good to go vir 74 kW krag en 133 Nm torque.

Dis gekoppel aan ’n snappy sesspoed-handratkas.

In die regte wêreld be­teken dit jy het ’n dash time van ’n raps oor die 11 sekondes en ’n top end van 182 km/h. Dis nou nie aardskuddend nie, maar meer hieroor later.

Die suspension bestaan uit ’n McPherson-type strut en stabiliser voor en ’n bar-and-coil spring setup agter.

Binne-in het jy oral tweetint-afwerkings (selfs om die air vents) en nice-to- haves soos die connectivity/infotainment combo met sy eie touchscreen op die dash.

Hyundai vat die roete soos in ál sy karre: Hoekom gooi jy ’n satellietnavigasiestelsel in vir ekstra geld as almal slimfone het wat hulle met die screen kan mirror?

Daar is ses speakers vir die sound system en controls op die stuurwiel.

Die boot is orrait en kan 285F sluk met die seats op. Slaan dit af en dan sluk die ding meer as 1 000F. Terloops, as die seats op is, slaag hy die “ek-sit-agter-myself-toets” selfs vir ’n ou van oor die ses voet lank.

Daar is ’n hele alfabet-sop van safety features soos ABS en EBD, asook ’n briek-booster en airbags vir die eerste span.

Maar hoe leef jy op ’n daaglikse basis saam met hom? Moenie dat ál daai add-ons jou flous nie.

Die Active is ver van ’n cross-dresser-wannabe af. Moenie eens daaraan dink om bos toe te gaan nie.

Die trim is net daar vir die looks. Maar dit maak nie saak nie. Hy volg net die trend van butch lyk. Dis ’n stadskar dié. So, die syfers hoef nie aardskuddend te wees nie.

Die dakrakke tel ’n bietjie teen hom, want sy gewig is net ’n fraksie oor ’n ton (baie lig) met ’n ground clearance van 170 mm. In ’n dwarswind kan hy dus so ’n bietjie ontstig word.

Maar het hy ’n old-school rack-and-pinion steering setup. Daar is dus ’n baie goeie feel deur die twisties vanaf sy 16-duimers.

Ek moet erken die Active is dors (sy gekombineerde brandstofverbruik is na bewering 6,7F/100 km), want ek moes self ’n paar keer by die pompe gaan volmaak.

Maar hier lê die geheim wat die kar eintlik “maak”, weird looks ofte not: Die petrol unit is vrek lekker rev happy. So, hy vra eintlik om gedruk te word.

Aanbeveel

Koppel dit ook sommer aan ’n snappy box, dankie! Om dus alles uit hom te kry en dus ’n smile op jou dial te sit, moet jy hom nie ry soos jou ouma sou nie.

Sal ek een aanbeveel ná ál die weke in hom? Ja.

Hyundai maak lankal nie meer Koreaanse karre nie. Sy aanslag is eerder gemik op die Europese mark.

Built quality is right up there, maar die kombinasie van old-school tech (kyk byvoorbeeld na die steering setup) met nuwe tech gee hom ’n organic feel.

Ek verkies dié ryding in rooi, dankie!

PS: Moenie vergeet van Hyundai se insane vervaardigerswaarborg vir vyf jaar/150 000 km en die vervaardiger se bykomende waarborg vir twee jaar/ 50 000 km vir die power­train nie. Dis best in class!

  • Albert se Rev Count­er: ’n ná-’n-paar-weke-saam-8 uit 10.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters