Verlede maand
Aarto gaan misluk
LIKSENS-ELLENDE? Aarto gaan veral drivers van maatskappye affekteer.  ~ thesouthafrican.com

AARTO. Huh?

Wel dis mos die Administrative Adjudication of Road­ Traffic Offences, wat nou in wet geteken is.

Maar (gelukkig) weet niemand wanneer dit in werking gaan kom nie (hopelik nooit nie).

Want dit sal eenvoudig net nie landwyd doeltreffend toegepas kan word nie.

Amper soos daai e-toll-stelsel in die Noorde, nè: First World solutions vir Third World problems, en al daai.

Basies kom dit daarop neer dat as ’n mens agter die stuurwiel oortree, gaan punte van jou liksens op ’n skaal van 1 tot 12 afgetrek word.

As jy die magic 12 geslaan het, het jy nie meer ’n liksens nie en dan sal jy alles moet oordoen.

Yep, maar weer die learn­ers doen en die uitpassing alles weer van vooraf.

Nou, ek wil nie meer uitwei oor die demerit system nie, want ek het al genoeg daaroor gepraat.

Maar wat sal die system vir werkgewers beteken as die ding uiteindelik dalk eendag van die grond af kom, of nie?

As jou company, drivers gebruik, sal hulle tog mos jou karre ook gebruik.

En natuurlik moet daai drywers valid liksense hê.

As daai liksens weens die demerit system suspended is, mag daai drivers nie meer jou karre bestuur nie, want die legal ramifica­tions is astronomies.

En jy kan tot stappe doen teen daai ou wat sy liksens verloor het.

Dis omdat hy nie die werk kan doen waarvoor hy aangestel is nie.

Gemors

Kry maar jou company se policies in plek vir daardie gemors, want mense kan ongelukkig ook hulle werk verloor.

Soos ek gesê het, Aarto kan, en gaan, nog ’n non-implementable gemors word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters