Verlede maand
Aarto dalk groot f-op
IMPLEMENTERING: Wie gaan die demerit tickets uitdeel en motoriste vervolg wanneer Aarto uitrol? Foto: THESOUTHAFRICAN.COM  ~ 

H ’MMM.

En daar sign onse Cyril mos toe daai Aarto (oftewel die Administrative Adjudication of Road Traffic Offences Bill) into law.

Vir clarity noem ek dit sommer die demerit system.

Om uit te figure hoe dit werk, kan jy op die agterblad lees waar ek dit probeer verduidelik ...

Vir die voorstanders van die system is dit ’n manier om ons “beter” of “anders” te laat bestuur.

Want ons is, lyk my, in ’n civil war met onsself op die teer. Die stats wys dat ons meer as 14 000 mense se dood op daai teer veroorsaak ... En terloops, die economic impact is glo R147 miljard jaarliks.

Seriously, dis WTF stats daai en iets moet sekerlik daadwerklik aan die slagting gedoen word.

Maar nou moet ek ’n paar ongemaklike vragies oor die demerits vra.

My brains is nie meer wat dit was nie en ook nie my memory nie, maar sover ek kan onthou, het ek al in die Mbeki-era oor so ’n demerit system geskryf – of the lack there­of.

Want die system kon, if memory serves me right, nie geïmplimenteer word nie.

Sien, die computer-stelsel, genaamd eNaTIS (National Traffic Information System) kon nooit werklik op die been kom nie.

Hoekom nie? Want daai honourable en age-old tradition van tenders was al deel van die kultuur.

So, ek moet vra: Sien eNaTIS steeds sy naat of praat die computers darem al met mekaar?

En wie gaan die demerits op voetsoolvlak implementeer? Die traffic cops, law enforcement of cops? Een van die drie, twee van die drie, of ál drie?

Respek

As dit ál drie agencies is, praat hulle computers met mekaar?

Terloops, die traffic cops is in die oë van baie sekerlik die mees gehate groep mense in die land.

Ek persoonlik het moer baie respek vir hulle, want hulle doen maar net hulle werk deur ons van onsself te probeer red. Hulle is maar dun gesaai op die grond en in die meeste gevalle baie oorwerk en uitgestres.

Add nóg ’n load (en ál die additional paperwork)?

En dan is daar die Road Traffic Infringement Agency (RTIA) wat Aarto manage. Gaan hy die tickets uitdeel?

Want die ouens van Outa (Organisation Undoing Tax Abuse), wat so hard fight en gefight het teen die (ongevraagde) e-tolls in Gauteng (so, hulle weet miskien waarvan hulle praat) argumenteer dat hierdie net nóg ’n lekker revenue scheme is en niks anders nie.

Tweedens meen Outa die munisipaliteite, volgens die nuwe stelsel, kan eintlik uit-lose op traffic fines.

Sien, as jy tans ’n fine in Beaufort-Wes kry, kry daai munisipaliteit se koffers, ingevolge die ou wetgewing, 100% van daai fine. Maar nou moet die RTIA ook natuurlik ’n moerse cut kry.

So, ek moet vra, is die ding net nóg ’n money spinner, soos daai e-tolls?

Gepraat van e-tolls, gaan die mense outomaties ge­demerit word omdat hulle weier om e-tolls te betaal?

Want ek het dosyne buddies daar bo in Gauteng wat weier om te betaal.

Gaan hulle binnekort sonder ’n licence sit?

En gepraat van lisensies afvat ... Wie gaan die vervolging van oortreders doen? Een, of twee, of ál drie bogenoemde agencies?

En kan ons reeds oorlaaide regstelsel die load hanteer?

En dan moet ek laastens die olifant in die kamer vierkant in die oë kyk.

Gegewe die meer as 14 000 mense wat elke jaar op die teerpaaie omkom, moet ek vra of die average driver werklik ’n snars omgee oor road rules en regulations.

Hoeveel van het ’n rybewys? Vra veral die taxi drivers ...

Hoeveel volg 100% die road rules­ en regulations?

Hoeveel mense betaal 100% van hulle traffic fines?

Hoeveel kan 100% hand oppie hart sê daar was nog nooit ’n geval van drink en bestuur nie?

Ons burgers het ’n very healthy disregard vir die law.

Ek wonder of hierdie nie net maar nóg ’n super-expensive, onbekostigbare gejaag na niks gaan wees nie wat in wese net mooi boggherol sal verander nie ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters