21 dae gelede
Aan die agterste punt beet
kopkrap: Die Aarto Act sorg vir baie confu­sion. Foto: thesouthafrican.com  ~ 

NOG ’n dag van skarrel vir iets om oor te skryf.

Gelukkig kom die ouens van die Retail Motor Industry (RMI) toe tot my redding.

Die Administrative Adjudication of Road Traffic Offences (Aarto) Act – oftewel die demerit system – laat nou companies met com­pany fleets kopkrap.

Onder Aarto kan punte van jou liksens gepluk word – iets wat baie mense baie de moer in maak omdat dit so ’n confus­ing issue is.

Jakkie Olivier, CEO van RMI, sê daar is nie soseer probleme met die demerit system self nie; companies se planne moet in plek wees sodat company drivers Aarto compliant is.

Groot companies het mos ’n head honcho wat pa staan vir goed soos licensing, roadworthiness en fines.

Maar hier kruip die probleem in. Dra die ou wat die vloot run alle responsibility as die drywers aanjaag? By wie word die punte afgetrek? By hóm?

Boekhou

Daai ou moet die hele Aarto-ding van kop tot tone ken.

As die ou nie boekhou van elke drywer en watter voertuig wie op watter tyd bestuur nie, oortree hy eintlik die Aarto-wet.

Dis ook nie al waaraan companies moet dink nie.

Soos Gavin Kelly, CEO van die Road Freight Asso­ciation, tereg sê: Companies sal wragtig ’n Aarto clause moet sit in die kontrakte van alle employees wat aan die demerit system blootgestel word.

Dis nou mense soos reps en delivery drivers.

Die rede hiervoor is dat as iemand 13 punte weens demerits verloor het, mag hy nie meer ’n voertuig vir die company bestuur nie.

Ek voorsien ’n tamaai smash. Nie net vir privaat bestuurders nie; ook vir companies.

Goeie voornemens met onvoorsiene gevolge en al daai, nè ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters