2 jaar gelede
My Mazda 626 overfuel
 ~ 
Hi, Backjaart Mechanic
My double cab-bakkie (Colt TD 2007-model) sny soms net uit.
Die starter swaai, maar die enjin start nie. 
Alles is ook dood op die dash­board. Die hooter blaas ook.
Wat kan die probleem wees, want al die fuses is ook reg? 
Ná ’n lang ruk gaan alles aan en start dit weer maklik. 
Ek is net bang dit gebeur op die langpad en start nie weer nie.
Dankie. – Errol
Hallo, Errol
Hierdie klink vir my na ’n electrical fault. 
Vir sekerheid sal ek aanbeveel dat jy ’n draai gaan maak by ’n Bosch Diagnostic Service Centre. 
Met diesel moet ’n mens maar altyd versigtig wees en seker maak jy gee daai glow plug eers kans om dood te gaan voordat jy swaai.

Môre, Backjaart Mechanic 

Ek het ’n klein probleem. Ek ry ’n Honda Ballade 1984-model 1.5. Die enjin is laas jaar oorgedoen, maar as ek die langpad vat, dan word die kar warm. 
Die fan is straight connect en hardloop sterk. As die thermostat in is, dan kook hy soos ’n koffieketel, toe haal ek dit uit.
En die radiator is skoongemaak.
Help my, asseblief. – Romeo 
Hallo, Romeo
Jy moet asseblief vir my kyk of daar nie ’n coolant leak iewers is nie. 
Dan vertrou ek ook nie die uithaal van die thermostat besigheid nie. Kyk of die thermostat reg werk en vervang dit eerder as dit foutief is. 
Moenie sonder een rondry nie. 
Dit klink of alles individueel reg werk, so iewers is daar ’n lekkasie of jou relay of fan switch is buite werking. 
Loer daar en laat weet my maar weer.

Hi, Backjaart Mechanic

My naam is Francois. Die airbag light bly aan. Ek het verskeie diagnostics gedoen asook ’n reset. 
Die dealer sê die seat links voor se sensor is die probleem en ek moet ’n nuwe seat kry. Ek het ’n tweede opinie nodig. 
Die safety belt se warning signal op die linker voorste seat werk ook nie, slegs op die driver’s seat. 
Dis ’n Opel Astra 1.6 Essentia.
Help, asseblief. – Francois
Hallo, Francois
Jong, ’n mens speel nie met airbags nie. Ek stel voor jy swop die sitplek by iemand wat dieselfde soort kar het. 
As dit werk, dan weet jy mos jy’t ’n ander seat nodig. Dan loop kyk jy vir een by ’n scrapyard en vervang dit. 
Intussen kan jy solank die airbag met jou sleutel deactivate by die baby seat airbag deactiva­tion switch aan die linkerkant van jou dashboard.

Hallo, Backjaart Mechanic

Ek het ’n 2002 Opel Corsa 160i Sport-bakkie wat die volgende probleem gee: Wanneer ek normale paaie ry, trek die bakkie reg, asook op die langpad. 
Maar sodra ek ’n opdraand begin klim, smoor dit en verloor krag totdat die rev counter op 2 500 revs stilstaan. 
Die bakkie trek dan net 35 km per uur teen die opdraand op, maar wanneer ek die hoogte bereik en op ’n gelyk pad is, begin dit spoed optel en weer normaal trek tot op 120 km per uur. 
Ek het die petrolfilter al vervang, maar dit doen nog dieselfde ding. Wat kan die probleem wees? – George
Hi, George
Ek stel voor jy loer binne in jou petroltenk vir die oplossing.
Ek vermoed dis jou fuel float binne in die tenk wat problems gee. Dis snaaks dat die kar nie heeltemal uit-cut nie, wat beteken dat dit iets anders ook kan wees. 
Maak jou throttle body en idle control valve-goeters ook skoon. Net om seker te wees.

Hi, Backjaart Mechanic

Ek ry ’n Mazda 626 2-liter 1989-model. Dit over­fuel. Wat kan die rede wees? – Corne
Hallo, Corne
Jy gee nie vreeslik baie inligting om mee te werk nie, so ek sal maar ’n paar moontlikhede moet gee sodat ons jou probleempie kan try uit-sort. 
Jy moet eers jou brandstof se druk check om te sien of die pressure nie te hoog is nie. 
Dan kyk jy na die air filter en maak seker dis skoon. 
Dan is daar die sensors soos jou mass air flow-sensor en jou suurstofsensor wat vuil kan wees of verkeerde lesings gee wat ’n rich mixture veroorsaak. 
Heel laaste moet jy kyk of jou fuel injectors nie dalk stuck is in die oop posisie nie.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters