3 jaar gelede
Renault met nippy enjin reg om te ry
beste? Die Renault Clio GT-Line is ’n lekker ding. Foto’s: ALBERT BAKKES
boy racer: Die lyne van die GT-Line herinner aan ’n hot hatch. Die neusie en gat lyk heeltemal anders as die ander gewone Clio’s in die line-up.
elektronika: Konnektiwiteit en ’n TomTom sat nav met sy eie touchscreen kom standaard in dié nifty klein Renault Clio hatch.
ruim genoeg: Die karretjie slaag sonder veel moeite die ek-sit-agter-myself-toets.
kannon: Die hatch se stert is heeltemal anders en word gedefinieer deur daai mortier van ’n exhaust.

DIS ’n 0.9F – nie eens ’n volle 1F nie.

Dít is die unit’jie se kapasiteit wat onder die blou Renault Clio GT-Line se cute bonnet sit.

Die duiwel weet wat hulle gedoen het, want dié naaimasjien was ’n blast om te bestuur!

Hy’t wat hulle noem ’n turbo/sequential multi­point injection system. Dit keer die tradisionele motorhiërargie heeltemal op sy kop.

Kyk, gewoonlik word die groter of grootste enjins mos in die top-line modelle gesit.

Die GT-Line is mos die top-spec model, maar met die kleinste enjin.

Die 1.2F naturally aspirated enjin word mos gevind in die lesser models, soos die Authentique.

En nog iets – die 0.9F-enjin skop 66 kW krag en 135 Nm torque uit teenoor die 1.2F se 55 kW krag en 107 Nm torque.

Die GT staan seker vir “goddank tog”, want die GT-Line het die beautiful lyne van ’n hot hatch, soos te sien is in die lyne van byvoorbeeld die groter Mégane RS en RS Cup. Dit dui seker daarop hoe ’n Clio RS daarna sal uitsien.

Kyk maar na die front splitter en stert met daai tamaai mortier van ’n exhaust. Dis heeltemal anders as die lyne op die gewone modelle. Dit skree: “I mean business.”

Maar goddank tog het die GT-Line nie die racing chassis nie. Daai chassis en suspension setup is ongelooflik.

Dis verstommend goed as dit by die twisties kom, maar ook ongelooflik hard. Dis só hard – nadat jy uit ’n RS geklim het, bloei jou niere ná ’n week stadig by jou ore uit.

Die GT-Line het dus die perfekte balans gevind tussen “ek is special” en “as ek met jou klaar is, is dit tyd vir ’n kidney transplant”.

Ek was mal oor dié karretjie, want daai enjin is lekker nippy. Hy ry lekker op die oop pad én deur die twisties met daai presiese, snappy vyfspoed-hardratkas.

Die blou dingetjie het ook gefloreer in die stadsverkeer op sy 17 duim low profiles.

Daar’s nie ’n dash time wat ek kon nalees nie. Die rev happy unit (vanweë die turbo) laat dit op en wakker voel terwyl jou torso in die racing seat vasgedruk word as jy na 100 km/h mik.

Ja, druk gerus die overboost-knoppie wat jou 4 kW (nou 70 kW) en 15 Nm torque ekstra gee vir tot 40 sekondes. Moerse fun én funny.

Dis regtig wat ek altyd noem ’n sit-up-and-beg karretjie wat rêrig gery wil word.

Hy’s ook prakties. Jy’t vyf deure en die spasie agter maak dat ek sonder veel moeite die ek-sit-agter-myself-toets kon uitvoer.

Dan is daar natuurlik nice-to-have tech soos ’n connectivity/TomTom sat nav/radio/aux USB combo met sy eie touchscreen voor.

’n Best in class in die segment miskien? Definitief ’n kandidaat!

Maar sy prys kan hom ’n bietjie op-trip, want R225 000 is baie. Vir R218 000 kry jy die Dynamique, die model net onder die GT-Line . . .

Screw dit. Vir daai overboost-knoppie sal ek daai amper R10 000 uithaal – wat dit seker die duurste knoppie in die motor­bedryf maak!

) Albert se Rev Counter: ’n Overboost 8½ uit 10. ’n Contender vir die Top Ten Hit List? Ons sal maar sien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters