Verlede maand
50 vir GT-R
Granddad: Dis dié kar wat die legend begin het, die Nissan Skyline GT-R (KPGC10) van 1969. Net 1 945 is gebou en spesifiek gebou om performance beasts soos die Porsche 904 GTS op te vreet. Sy inline-6-enjin (natuurlik rear-wheel drive) van 2 liter was good to go vir 119 kW en 176 Nm torque via daai vyf-spoed manual. Altesaam 50 victories in net drie jaar. Uiters skaars. Ek dink daar is net een in SA.  ~ 

EK HET so ’n bietjie vroeër afgeskop met my eie Heritage Month. Net so voor die begin van September.

En ek kon heritage streel, daarin sit, dit ruik en selfs daarin jaag.

Ek praat nou natuurlik van die heritage monster – die Nissan GT-R lineage.

Wens hulle geluk met hulle 50ste birthday.

En ek was daar bo in die noorde by die launch van die GT-R se 50th Anniversary Limited Edition R35 om die monster self geluk te wens (en te bestuur).

Die storie het doer ver in 1969 begin met die Skyline GT-R, eers gemaak deur die Prince Motor Company voordat dit met Nissan gemerge het.

Terloops, die GT-R moniker staan vir “Gran Turismo Rac­er”.

En racer is dié understatement in 50 jaar.

Die ikoon het van die begin af alles gedominate, nie net op die track nie, maar ook op straat.

Die batsh*t insane owners het ons ook gevat in legends soos die R32 en die iconic R34. Die woord “beasts” is te sag. So, kom ons gebruik sommer !@#$%^. Slamming it in vierde na derde gear toe teen meer as 180 km/h? Oukei ...

Ek het regtig in ’n stadium gedink die brein van die ou langs lek by sy ore uit. Ek weet myne het ...

En die GT-R was ook al ’n ster in hoeveel movies. Dink aan die Fast & Furious fran­chise.

Net een ding – die GT-R is nie ’n b*llsh*tter nie, trust my.

Ek wil nie warm lug onder jou rokkie inblaas nie. So, laat die pics maar eerder die storie van die legend vertel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters