3 maande gelede
2 Karre, 2 pole
insane: Die nuwe Renault Mégane Sport RS 4Control. Af en toe het jy so ’n old school-kar nodig om jou te laat wakker skrik deur te besef jy bestuur ’n kar en nie andersom nie.Foto’s: albert bakkes  ~ 

EK HET die laaste paar maande ’n baie goeie run gehad wat toetskarre betref.

Behalwe die kleintjies was daar byvoorbeeld die splinternuwe Land Rover Discov­ery (verstommend), die Jag­uar F-Pace (sublime) en die Volvo XC60 (World Car of the Year, en ek stem, soos ál die skapies, 100% saam).

Ja, almal cross-dressers/SUV’s, en jy weet nou al hoe ek oor die goed voel, veral in die stad. Maar as jy in die mark is vir dié tipe goed, kan jy enige een van die drie kies (myne sal die Disco wees).

En toe klim ek in die BMW 630d GT limo-landskip.

Met die eerste oogopslag is die ding horribly ugly.

Maar teen dag 3 verloor jy alle perspektief, want jy het natuurlik jou hart verloor. Ja, my least favourite Teutonic brand, ’n landskip, en ’n diesel nogal.

En ná ’n week toe ruil ek die swart gevaar in vir die Renault Mégane Sport RS 4Control.

’n Hot hatch. En toe leer die geel ding my ’n ding of twee van myself.

Alles voor die RS het alle dinge so perfek gedoen dat jy soos die kreef in die warm water daaraan gewoond geraak het.

Daar was niks uit plek nie en alles het, just so, gewerk. Ek het naderhand gevoel alle voertuie moet so werk. Ek was nie een keer bang nie en altyd uitgerus wanneer ek uitgeklim het.

Maar die RS? Terrifying!

Note to self: Moenie die ding in die Race setting sit as jy nie op die track is nie.

Clue

Die paddle shifters is static en gemount in die steer­ing column agter die (racing) steering wheel.

So, as jy in opposite lock is en moet op of af shift, het jy nie ’n clue watter shifter jy moet pluk nie.

En dan is daar die klein probleem van torque steer.

Ek weet nie wanneer laas ek torque steer so ervaar het nie.

To recap: Torque steer gebeur wanneer jy ’n front-en­gine-front-wheel-drive-kar het met heeltemal té veel krag onder die bonnet. Wat dan alles in one go na die voorwiele gedump word. En dan scrabble daai voorwiele vir grip dat die stof so staan.

Die eerste teken van torque­ steer is dat die steer­ing “light” word.

En dan hop jy ’n breukdeel van ’n sekonde rond daar by die robot en maak jou naam gat.

Ja, ek weet die Renault-mense is f*kk*n slim. En het al lankal uitgefigure hoe om ál daai power na die voorwiele te gooi in hulle hot hatches sodat die goed nie bokspring soos ’n eekhorinkie op tik elke keer wanneer jy launch nie.

Hulle het mos ’n limited slip diff en ’n hele nuwe, stywer front suspension ingegooi.

Maar dis asof die geel monster net mooi ’n soliede “f*k jou!” gooi vir sy eie diff elke keer wanneer jy (met angs) wegtrek.

En, hallelujah! I love it, die natgeswete palms en hortende asem ten spyt elke keer wanneer ek uitgeklim het.

Dit het gevoel soos ’n throwback na die oorspronklike R26 F1 Mégane hatch. Daai een met die weird gat.

’n Propperse driver’s car, wat jou oogballe laat bloei. Completely bonkers, met ander woorde. En partykeer het jy so ’n throwback nodig.

Want in die ander karre voor in die lys, het dit, natuurlik met hindsight, gevoel asof die kar jou bestuur, en nie jy die kar nie. Not a bad thing, per se.

Maar af en toe moet ’n ding vir jou knor deur te sê: “Boet, ek gaan jou opf*k as jy nie weet wat jy doen nie.”

Jy bestuur hom en nie andersom nie. And you feel alive.

En nou weet ek ook waarvoor RS straks staan: “Rowwe Seks ...”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters