3 maande gelede
108 laat jou wérk
NUWE GESIG: Die Peugeot 108. Nog een in die brand line-up.  ~ Albert Bakkes

KYK, die Franse doen mos maar altyd ’n ding op hulle manier.

Dit geld hulle kos, die manier hoe hulle alles Ingils hanteer (verpes dit), hoe hulle aantrek, hoe hulle films maak, hoe hulle oorlog maak, en ja, “je t’aime” – hoe hulle die liefde benader.

En natuurlik hulle karre ook.

Ek het verlede jaar mos die kleinste kar in Peugeot se (nuwe) portfolio ontmoet.

Vergelyk

Ek het nog altyd van dié brand gehou as gevolg van hulle tipiese French quirkiness. En bygesê, die ander karre in die line-up – die 2008, die 3008, en die 5008 (almal cross-dressers) is verstommend graceful, selfs beautiful, en die built quality is uitstaande.

So, hoe vergelyk die kleinste Pug – die 108 – met die groter boeties?

Wel, brands soos Peugeot en sy partner Citroën, is van die begin af bekend vir hulle klein city cars. So, dis seker ’n slim move van die Lion se kant af om ook hier sy footprint te vergroot in die baie besige A-segment. Terloops, daar is net een 108-model.

Dink aan die Kia Picanto (ek dink die beste verkoper in dié segment), die Toyota Aygo, die Hyundai i10, en die VW Up!.

Maar kom ons begin eers by die nuts ’n’ bolts.

Daar is ’n piepklein een-liter-drie-pot-petrolenjin onder die ewe klein bonnet.

CITY SLICKER: Die curb weight is net 840kg.

Onthou, dié unit is nie turbocharged nie, en met output figures van net 53 kW krag en 93 Nm torque, moet jy omtrent hard werk om enige oemf uit hom te kry. Jy moet daai snappy short stroke five-speed manual behoorlik soos ’n houtlepel in ’n pot stywe pap werk.

Gesukkel

But then again, dié welpie weeg net 840 kg en as jy eers aan die gang is, dan is jy aan die gang. Al klink die drie-pot (vanweë die oneweredige configuration) omtrent asof hy enige oomblik ’n piston deur die bonnet wil gooi.

But quirky Frenchness, of hoe? Daar is nice-to-haves soos ’n infotainment/connectivity combo met sy eie touch screen (Apple CarPlay, Android compatable via jou smartphone), LED daytime running lights onder die neus, colour-coding vir jou paint job, en dankie tog, funky cloth covers vir die sitplekke (geen koei is beseer nie).

Hy’t ’n orrait boot vir so ’n klein karretjie (ek het wel gesukkel om agter myself te sit).

En die Pug is nie afgeskeep as dit by safety features kom nie – met ABS, ESP, en – net soos al sy groter boeties – ses airbags (is dit ’n first in dié segment?).

VEILIG: Ses airbags is ook standaard.

Ek verwys wel na dié city slicker as quintessen­tially Frans. So Frans soos Napoleon of die Eiffeltoring. Maar eintlik toe nie. Dié Pug eet sushi on the side, want hy deel ’n platform (en wat lyk soos switch gear) en ander tech met die Toyota Aygo.

Hiermee het ek eintlik ’n probleem.

Nie ’n probleem dat plat­forms en tech en ander goed gedeel word nie, nee. Dis after all die norm en karmakers moet ook geld bespaar en uit die box dink.

Gladder

Maar hoekom ry die Aygo vir my net beter? Hy doen net sy werk beter as dié city slicker.

Daai Toy het net gladder gevoel, makliker om te ry.

Hoekom sal ek dan plaaslik ’n brand kies met ’n geringe footprint teen ’n reuse-brand wat die hele land vol is? Al kos die Pug net R180 000.

Ongelukkig moet ek daai vraag vra...

  • Albert se Rev Counter: ’n Style over substance 7 uit 10.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters