14 dae gelede
Lig in lewe se doolhof
Soek god: Christian de Waal se boek maak opslae.  ~ Gregory Noble

JESUS is die antwoord vir ons seuns en meisies wat rolmodelle soek in dié verlore wêreld.

Dít is die woorde van die skrywer en onderwyser Christian de Waal van Mitchells Plain.

Dié jong man sê hy het nooit toegelaat dat sy omstandighede hom definieer nie.

“Ek glo ’n mens is tot alles in staat deur die Here. Hy gee jou die krag.”

De Waal gee klas by die Laerskool Delta in Retreat. Hy wil net die verskil wees in sy gemeenskap.

Verander

Sy boek, He-Man & She-Woman Rediscovered, maak intussen groot opslae.

Die boek raak baie harte diep en dit het baie families se lewe verander, vertel hy.

“My boek gaan oor mans en vroue wat deur die doolhof van die lewe navigate. Daar is so baie uitdagings wat daagliks onverwags en skielik op ons afkom.

“Ons moet weer gaan kyk na die roots van die probleme en hoekom ons so optree.

“Daar is ’n behoefte, veral by mans, om rationally en weer met waardes op te tree. Nou is die tyd om reg te maak. Die Here wil ons land genees.”

De Waal het die volgende boodskap vir mans: “Wees die man wat God jou geroep het om te wees.

“Wandel in liefde en vrede, want jy is met ’n spesifieke doel geskape.”

Hy voeg by: “My hart loop oor van dankbaarheid teenoor my vrou, Abigail, en my familie vir hulle ondersteuning en liefde.”

  • Whatsapp Christian by 074 061 9272 of mail hom by dewaalchristian@gmail.com.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters