12 dae gelede
Delivia wil siele, lewens verander
Delivia Sampies  ~ Foto Verskaf

DIE gospelsanger Delivia Sampies (25) van Uitenhage het onlangs haar nuwe EPK (electronic press kit) uitgereik.

Sampies vertel sy is geïnspireer deur gospel artists soos Benjamin Dube, VaShawn Mitchell, Elsimio “Dimmy” Smith en Donnie McClurkin.

Sampies sê sy is afhanklik van die Here. “Sonder God is die lewe doelloos.

“Dit was vir my baie hartseer om my ma aan die dood af te staan.

“Daar was baie vrae, maar ek berus my in die Here.

Aansporing

“Op 11-jarige ouderdom het ek my hart aan die Here gegee.”

Delivia se gunstelingvers in die Bybel is uit Mattheus: “Soek eers die Koninkryk van God en sy geregtigheid en al die dinge­ sal vir julle bygevoeg word.”

Sampies se aansporing vir die jeug: “Laat niemand jou jonkheid verag nie, verlustig jou in Hom en Hy sal jou die begeertes van jou hart gee.”

Haar EPK, Journey of Faith, is deur Wayne Fourie produce.

“Die begeerte van my hart is dat kosbare siele en lewens deur my musiek verander word.

“My hart loop oor van dankbaarheid teenoor my pa, pastoor Vernon Sampies, stiefma, Kayline, en die Pinkster Protestante-gemeente vir hulle ondersteuning.”

Kontak Sampies gerus by 073 949 4648 of stuur ’n e-pos na: sdelivia@gmail.com.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters